SA se groeisyfer dalk beter as verwag

06 March 2018 | Ekonomie
Vida Booysen - Alle oë sal vandag op die groeisyfer vir die Suid-Afrikaanse ekonomie wees om te bevestig of daar inderdaad groen spriete begin uitsteek.

Suid-Afrika se bruto binnelandse produk (BBP)-groeisyfer vir die vierde kwartaal en vir 2017 word dan deur Statistieke Suid-Afrika (SSA) bekend gemaak.

Die BBP is die kernaanwyser van ekonomiese prestasie en ekonome is versigtig optimisties dat dit dalk beter kan lyk as wat ons verwag.

In Februarie se begrotingstoespraak is BBP-groei van 1% vir 2017 voorspel. Dit is hoër as die 0,7% wat in Oktober verlede jaar in die mediumtermynbegrotingsraamwerk in die vooruitsig gestel is.

“Ons hou vol die groeisyfer vir 2017 kan dalk hoër as ons aanvanklike verwagting van 0,9% styg – tot selfs so hoog as 1,1%,” sê Mamello Matikinca, FNB se hoofekonoom.

“Die ekonomiese herstel word deur die deurlopende verbetering in landbouvooruitsigte aangedryf asook deur ’n beter as verwagte vertoning deur die vervaardigingsektor en ’n opswaai in kleinhandelverkope in die vierde kwartaal verlede jaar.”

Haar voorspelling vir BBP-groei in die vierde kwartaal van 2017 is 2,1% hoër op ’n jaargrondslag en selfs meer as 3% op ’n kwartaalgrondslag.

John Asbourne, Afrika-ekonoom by Capital Economics, wys ook daarop dat die sterk vervaardiging- en kleinhandelsyfers die BBP vir die vierde kwartaal ’n hupstoot sal gee. Sy voorspelling is dat Suid-Afrika se BBP in 2017 met 1% sal toeneem.

Kleinhandelaars het 2017 op ’n vrolike noot afgesluit met Desember se handelsdata wat ’n toename van 5,3% in verkope toon teenoor dieselfde tydperk die vorige jaar.

Dennis Dykes, hoofekonoom van Nedbank, verwag groei van 2% in die vierde kwartaal en 0,9% vir die hele jaar. Hy stem saam dat vervaardiging begin kop optel en merk ook op dat daar ’n verbetering in die banksektor se groei was.

Dykes se voorspelling vir 2018 se BBP is ’n beskeie 1,6%.

“Daar is reeds ’n groot hoeveelheid skade aan die ekonomie aangerig en dit sal moeilik wees om so gou weer dinge reg te ruk.”

Ekonome hou ook die bewegings van die Amerikaanse Federale Reserweraad fyn dop. Indien die Fed op die korttermyn rentekoerse in die VSA gaan verhoog, soos hy reeds aangedui het hy wil doen, sal dit groei in ontluikende lande soos Suid-Afrika demp. ’n Verdere demper op Suid-Afrika se groeivooruitsigte sal wees as die regering se beloofde strukturele hervormings nie gou genoeg plaasvind nie. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Tsumeb-Otavi railway line upgraded to SADC standard

23 ure gelede | Infrastruktuur

TSUMEB - The upgrading of the railway line between Tsumeb and Otavi to the Southern African Development Community (SADC) standard has been completed by the...

Geingob erken ellende

23 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Hoewel baie reeds volgens hom gedoen is om die land te verbeter, word baie meer benodig, sê pres. Hage Geingob.Tydens die herdenking...

Droogtehulp, maar nog nie noodtoestand

23 ure gelede |

Ronelle Rademeyer - Droogtehulp in die vorm van ’n bystandsplan van N$572,7 miljoen gaan in die nuwe boekjaar aangewend word om vee- en graanboere se...

Kalender 22 Maart

23 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Kosie Beukes, Die Ventertjies, Heidi en Pieter Mohr is tans op ’n Namibiese toer en tree vanaand by die Duitse klub...

Katrina-verhoor in die pylvak

23 ure gelede | Howe

Denver Kisting - Die staat sal na verwagting nog twee getuies roep voor hy sy saak teen me. Katrina Hanse-Himarwa sluit.Die verhoor, waarin dié oudgoewerneur...

Weer

23 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en baie tot bloedig warm in die Suide. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele donderbuie plek-plek....

Alle grappies op ‘n verhoog

23 ure gelede | Kuns en vermaak

NAM Comedy Circle vind elke laaste Woensdag van die maand by die Hilton Kalabar plaas en bied dié keer 'n kritiese blik op Namibië 29...

Dié siener is ‘die ware Jakob’

23 ure gelede | Kuns en vermaak

Die heldersiende Gerald Burger, wat jare gelede in die kol was oor die Laingsburg-vloede van 25 Januarie 1981, is van 24 April af deel van...

Ouderdom, siekte red bejaarde van tronkstraf

23 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Hans Peter Rothen (73) se ouderdom en sy bedenklike gesondheid het hom van ’n vonnis agter tralies gered.Regter Naomi Shivute het Rothen...