SA se Giniel los voor in die Dakar

10 January 2019 | Sport
Johann Verster - Suid-Afrika se Meneer Bestendigheid, die Dakar-held Giniel de Villiers, het Dinsdag sy stempel in vanjaar se Dakar-veldtydren in Suid-Amerika afgedruk en die voortou geneem, al het hy nie Maandag se openingsneltrajek óf Dinsdag se tweede sneltrajek gewen nie.

Net toe 'n mens sou begin dink Peugeot se oorheersing in die Dakar die afgelope drie jaar is verby, het die Franse tydrenheld Sebastien Loeb, wat in November in die WRX-renne op Killarney kom jaag het, 'n verpletterende vertoning in die Dakarren gelewer en die tweede sneltrajek met bykans twee minute gewen.

Agter hom was Nani Roma (Spanje) in sy Mini, gevolg deur Bernard Ten Brinke en De Villiers albei in 'n Hilux van die Toyota Gazoo Suid-Afrika-renspan, met die Mini's van Yaseen Al Rajhi van Saoedi-Arabië en Cyril Despres van Frankryk op hul hakke.

Die tweede dag se skof van 552 km word as die eerste ware uitdaging van die vanjaar se Dakar beskou en het 'n sneltrajek van 342 km van Pisco na San Juan de Marcona oor reusagtige sandduine ingesluit.

Die motorbrigade het sonder die voordeel van motorfietsspore gejaag en letterlik die roete oopgery – iets wat die klem op akkurate navigasiewerk geplaas het.

De Villiers en sy navigator, die Duitser Dirk von Zitzewitz, het 'n puik dag in die kajuit gehad en die algehele voortou na die skof ingeneem.

Hul Toyota Hilux-spanmaat Ten Brinke is nou algeheel tweede met die Mini-jaers Al Rajhi en Roma volgende, gevolg deur Loeb, wat sy agterstand ná die eerste dag met sy oorwinning op die tweede dag gehalveer het.

Die Suid-Afrikaanse debuutjaers Shameer Variawa en Zaheer Bodhanya het 'n stadige wegspring gehad en 'n paar plekke in die openingsgedeelte teruggesak, maar die Nissan Navara-span het Dinsdagmiddag 'n sterk eindlopie gehad en van 74ste by die wegspring tot 54ste by die halfpadmerk gevorder.

Die legendariese Dakar-jaer Stéphane Peterhansel het 20 minute stilgestaan om noodherstelwerk aan sy Mini te doen en het ver teruggesak, terwyl die oornagvoorloper, Nasser Al Attiyah van die Toyota Gazoo SA-renspan, gesukkel en voortdurend tyd verloor het.

Hy was uiteindelik elfde agter Harry Hunt (Peugeot), Carlos Sainz (Mini), die Peruaanse jaer Nikolas Fuchs in 'n Proto en Vladimir Vasiliev in 'n Toyota Hilux.

MOTORFIETSE

Die tweewielstryd het Dinsdag agter die motors gewoed met die Amerikaanse jaer Ricky Brabec wat vroeg die pas op sy Honda aangegee het voor die Oostenrykse KTM-jaer en verlede jaar se wenner, Matthias Walkner.

Hulle is gevolg deur die Honda van Kevin Benavides, die KTM-jaers Toby Price van Australië, die Brit Sam Sunderland en Joan Barreda op nog 'n Honda.

Walkner het egter by Brabec verbygebeur om die sneltrajek te wen, met Barreda tweede, Price derde en Pablo Quintanilla (Husqvarna) vierde. Sunderland was uiteindelik vyfde.

Die nuwelingjaer van Botswana, Ross Branch, het vriend en vyand beïndruk deur sy KTM onder die voorste 20 te hou met die Suid-Afrikaanse jaer Kenny Gilbert wat die agterhoede op sy Husqvarna gedek en regdeur die dag opgeskuif het.– Netwerk24

Soortgelyk

 

Laat koppe rol - Jooste, SPYL

8 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Stemme uit die regerende party dring toenemend aan dat diegene wat beskuldig word van korrupsie onder sy geledere verwyder word.Nadat die beleërde...

Gertze skiet glo vrou

8 ure gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht – Die uitvoerende hoof van die Namibiese Kwalifikasieowerheid (NQA) het die naweek agter tralies deurgebring nadat hy na bewering sy vrou Saterdag in...

Namibiërs betoog oor korrupsie

8 ure gelede | Plaaslik

Tanja Bause - Meer as 200 mense van alle rasse en ouderdomme het Vrydag deelgeneem aan ’n teenkorrupsie-optog in Windhoek wat deur aktiviste gereël is....

VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIËLE KANDIDATE

8 ure gelede | Politiek

McHenry VenaaniPopular Democratic Movement (PDM)McHenry Venaani is die leier van die amptelike opposisie en het in 2014 as mees suksesvolle opposisiekandidat 44 271 stemme (sowat...

Weer vir 18 November

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met 'n paar donderbuie oor die verre Noordooste, andersins gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm. Winderige...

Buitelandse mediese studente: Eksamen nietig verklaar

8 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die jongste pre-internskapevaluering van 297 studente wat medies in die buiteland studeer het, is nietig verklaar. Die evaluering is op 27 September...

Passasiers gestrand ná Frankfurt-botsing

8 ure gelede | Vervoer

Ronelle Rademeyer - Dit is in hierdie stadium nie bekend wanneer Air Namibia se vlugte tussen Frankfurt in Duitsland en Windhoek sal hervat nie.Dit volg...

Die kwaliteit van verkiesings

8 ure gelede | Politiek

Christie Keulder – Gereëlde vry en regverdige verkiesings is die rugraat van enige demokrasie.Die kwaliteit van verkiesings is daarom onontbeerlik vir die konsolidering van nuwe...

VERKIESINGS 2019: Regeringstrukture en die staatsdiens

8 ure gelede | Politiek

Die reeks neem politieke partye se manifeste oor sleutelkwessies in oënskou.ALL PEOPLE’S PARTY (APP)• Sny die uitspattige salarisse van openbare ondernemings (SOE’s) se direksie, uitvoerende...