• Tuisblad
  • Ekonomie
  • SA: ‘Regering steek stokkie voor elke plan vir ekonomie’
SA: u2018Regering steek stokkie voor elke plan vir ekonomieu2019
SA: u2018Regering steek stokkie voor elke plan vir ekonomieu2019

SA: ‘Regering steek stokkie voor elke plan vir ekonomie’

’n Ekonoom sê die staatsrede gaan waarskynlik wys hoe swak die regering se voornemens is om die nege jaar lange agteruitgang van die ekonomie om te keer.
William Horne – Rompslomp, populistiese retoriek en draadsittery – om elke hoek en draai kniehalter die regering planne wat dalk die ekonomie kan regruk en 2020 se vooruitsig lyk maar treurig.

Annabel Bishop, hoofekonoom van Investec, sê Donderdag se staatsrede gaan waarskynlik wys hoe swak die regering se voornemens is om die nege jaar lange agteruitgang van die ekonomie om te keer.

Dit beteken 2020 gaan heel moontlik nog swakker ekonomiese groei ervaar as 2019 se verwagte 0,3%, reken Bishop.

En die land kan beswaarlik nog ’n jaar van om en by 0%-groei in die bruto binnelandse produk (BBP) hanteer, wat nog te sê van ’n heel moontlike resessie, het sy in ’n onderhoud aan Netwerk24 gesê.

Die risiko is volgens haar dat die staatsrede ’n balanseertoertjie gaan bly en dat die regering “sal voortgaan om populistiese retoriek te bespreek en so enige kans op vinniger ekonomiese groei in 2020 in die kiem sal smoor”. Bishop sê dié tendens word al jare lank gevolg en nóg ’n jaar van niksdoen gaan die land duur te staan kom.

Weens die kragkrisis is daar reeds ’n baie skraal kans dat die BBP-groei vanjaar sal kan verbeter, maar groei van laer as die verwagte 0,3% van 2019 sal rampspoedig wees vir sowel die land as geheel as die sentiment van beleggers wie se geld ons broodnodig het, sê Bishop.

Boonop lyk dit asof die owerhede ’n stokkie voor elke goeie plan steek.

Een van die noodsaaklikste planne is die geïntegreerde hulpbronplan (IRP2019), wat die potensiaal het om die kragkrisis vinnig op te los. Kragonderbrekings het volgens die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) die ekonomie die afgelope dekade meer as R400 miljard gekos.

Bishop sê die afwesigheid van politieke eenstemmigheid ontspoor egter die IRP2019.

Die IRP2019 maak voorsiening vir tot 5 000 MW se hernubare krag wat op mediumtermyn gebou kan word, maar dit word telkens uitgestel. Dit moes al lankal in werking gestel gewees het, sê sy.

Die verkrygingsprogram van hernubare krag van onafhanklike kragprodusente (REIPPPP) word ook vertraag deur onnodige rompslomp. Dit het die potensiaal om voor die einde van 2020 tussen 20 MW en 500 MW op te wek, sê sy.

Die WNNR verwag egter dat die 2022-teikens vir hernubare krag eers in 2024 gehaal sal word. Bishop sê die WNNR kon nog geen bewyse kry dat daar plan gemaak word om die surpluskrag wat maatskappye of individue opwek, aan die kragnetwerk te koppel (en daarvoor vergoed te word) nie. Dít het die potensiaal om vanjaar reeds tussen 935 MW en 3 485 MW by die kragnetwerk te voeg.

Bishop is ook bekommerd oor die voorneme om pensioenfondsgeld te gebruik om Eskom en ander staatsondernemings se skuld te delg.

“Die staatsrede sal waarskynlik wys hoe die regering se aptyt vir hierdie plan groei,” sê Bishop.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!