SA pa’s kan by WVF eis vir 10 dae af ná baba
Hanlie Stadler – Pa’s en ouers wat nie vir kraamverlof kwalifiseer nie, kan uiteindelik vergoeding vir hul tien dae ouerskapsverlof van die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) eis.
Pres. Cyril Ramaphosa het op 23 November 2018 die Wysigingswet op Arbeidsverhoudinge onderteken wat bepaal dat die ouer wat nie vir kraamverlof kwalifiseer nie, nou tien opeenvolgende dae ouerskapsverlof kry wanneer ’n kind gebore word. Dis teenoor die drie dae gesinsverantwoordelikheidsverlof wat vantevore gegeld het.
Ramaphosa het egter eers onlangs ’n proklamasie onderteken ingevolge waarvan dié voordeel in werking gestel word, met 1 November as effektiewe datum.
Werknemers wat tot die WVF bydra, kan tot 66% van hul salaris van die fonds eis indien dit binne die salarisdrumpelbedrag van sowat R210 000 per jaar is.
Ouerskapsverlof kan een keer per jaar geneem word.
Hoe kan ouers eis?
Enige ouer wat nie vir vier maande betaalde kraamverlof kwalifiseer nie is geregtig op tien dae betaalde ouerskapsverlof geregtig ná die geboorte van ’n kind.
Indien ’n kind van twee jaar of jonger wettig aangeneem word, kan die een ouer om tien weke aannemings- of surrogaatverlof soortgelyk aan kraamverlof aansoek doen en die ander een vir tien dae ouerskapsverlof.
· Kry die aansoekvorm op www.labour.gov.za
· Besoek enige tak van die departement van arbeid.
Bring ook die volgende dokumente saam:
· Jou identiteitsdokument;
· Die volledige geboortesertifikaat van die kind; en
· Besonderhede van ’n geldige bankrekening.
Teboho Maruping, WVF-kommissaris, sê die fonds is slaggereed en opgewonde om eise te ontvang “en die nodige finansiële steun aan WVF-bydraers te gee terwyl hulle die tyd gebruik om met hul nuwe kinders te vind en hulle te versorg.”
Ouerskapsverlof is ingestel ná ’n jare lange stryd deur Hendri Terblanche van Durbanville.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie