• Tuisblad
  • Sake
  • ‘SA Mynbou in ’n krisis’ – Mineraleraad oor Implats-nuus
u2018SA Mynbou in u2019n krisisu2019 u2013 Mineraleraad oor Implats-nuus
u2018SA Mynbou in u2019n krisisu2019 u2013 Mineraleraad oor Implats-nuus

‘SA Mynbou in ’n krisis’ – Mineraleraad oor Implats-nuus

Impala Platinum (Implats) se besluit om ’n enorme herstruktureringsproses te onderneem, wat hom R2,7 miljard en 13 400 mense hul werk gaan kos, is duidelike tekens van die tye.

Dit is verskeie kenners se kommentaar nadat dié maatskappy Donderdagoggend sy plan bekend gemaak het om vyf van sy skagte in sy Rustenburg-myn oor die volgende twee jaar te sluit.

Die Mineraleraad van Suid-Afrika (MRSA, voorheen die Kamer van Mynwese) sê hoewel hy nie kommentaar oor individuele maatskappye se sakebesluite lewer nie, is daar geen twyfel dat die Suid-Afrikaanse mynbousektor ’n krisis beleef nie.

“Baie meer sal gedoen moet word om te verseker dat dit volhoubaar en mededingend bly.

“Dit geld veral die platinumsektor wat die ondersteuning van die staat benodig om te help om aanvraag te stimuleer,” sê die MRSA in antwoord op navrae.

Connie Prinsloo, Solidariteit se adjunkhoofsekretaris van die mynboubedryf, sê hoewel dié vakbond nie by Implats betrokke is nie, is “ons mening dat die afleggings by Implats deel is van die nuwe normaal, waar mynhuise nie meer gefokus is of wag op ’n opswaaifase nie en sodoende nie meer bereid is om verliese te dra totdat marktoestande verbeter nie.

“Met ander woorde, die onsekerheid en ongunstige omgewing het aanleiding gegee dat mynhuise nie meer bereid is om vir ’n tydperk die ‘pyn van finansiële verliese’ te dra soos in die verlede nie.”

Nico Muller, uitvoerende hoof van Implats, het Donderdagoggend in ’n gespreksessie met die media oor die maatskappy se planne bevestig dat selfs nie eens ’n drastiese verandering in die platinumprys die maatskappy van sy planne sal laat afsien nie.

“As die prys drasties af- of opgaan, sal ons dit wel in aanmerking neem, maar dit gaan nie keer dat ons herstruktureer nie,” sê hy.

Verkoop van skagte

’n Groot vraag is of Implats sal oorweeg om die ou skagte wat hy wil sluit, omdat hulle die einde van hul leeftyd bereik het of nie meer ekonomies bedryf kan word nie, sal verkoop.

Die departement van minerale bronne het voorheen gesê hy sal verkies dat groot maatskappye wat hul bedrywighede wil sluit, dit eerder aan kleiner maatskappye sal verkoop en dit op dié manier aan die gang gehou word.

Muller sê daar is tans nie ’n “ooglopende Sibanye” wat in enige van die skagte belangstel nie.

Dit was met verwysing na Sibanye-Stillwater se besluit om die sukkelende Lonmin, nóg ’n platinumprodusent en ’n “buurman” van Implats, oor te neem.

James Wellsted, woordvoerder van Sibanye-Stillwater, het aan Netwerk24 bevestig dat die maatskappy dit nie tans oorweeg om van die skagte oor te neem nie.

“Ons gaan vir eers fokus op die integrasie van Lonmin in ons bedrywighede asook om die druk op ons balansstaat te verminder,” sê Wellsted.

Sibanye-Stillwater het op 18 Desember aangekondig dat hy Lonmin in ’n aandeleruilooreenkoms ter waarde van sowat R5 miljard oorneem.

Lonmin is ook net buite Rustenburg soos wat die geval met Implats se mynkompleks is.

Lonmin het voorheen gewaarsku dat die maatskappy as deel van sy herstrukturering 12 600 werknemers uit diens sal moet stel.

Dié herstrukturing is nie deel van die transaksie nie.

Buiten vir die Lonmin-transaksie het Sibanye-Stillwater ook nog in Desember 2015 die Amerikaanse platinumprodusent Stillwater teen US$2,2 miljard bekom.

Muller sê hoewel daar nie op die oomblik enige “ooglopende” maatskappy is om van die skagte oor te neem nie, beteken dit nie dat dit nie in die toekoms kan gebeur nie.

Hy sê Implats het die afgelope jare verskeie maatskappye gehad wat in van sy bates belanggestel het.

Hy sê hulle sal egter enige aanbod baie krities oorweeg om te verseker dat dit in die beste belang van alle betrokke partye sal wees.

Die departement het by navraag gesê hy het reeds ’n taakspan onder leiding van sy direkteur-generaal geskep om na Implats se planne te kyk.

“Die regering se siening is dat werksverliese so ver moontlik net as ’n laaste uitweg gesien moet word. Alle ander moontlike keuses moet eers oorweeg word.” – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.47 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.16 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.87 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.16 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 313.37/OZ DOWN -0.0043 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.66% | Zinc US$ 2 819.60/T UP 0.63% | Brent Crude Oil US$ 87.86/BBP DOWN -0.0054 | Platinum US$ 909.89/OZ UP +0.00% Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.47 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.16 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.87 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.16 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 313.37/OZ DOWN -0.0043 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.66% | Zinc US$ 2 819.60/T UP 0.63% | Brent Crude Oil US$ 87.86/BBP DOWN -0.0054 | Platinum US$ 909.89/OZ UP +0.00%