SA-kunswedstryd reik uit na Namibiu00eb
SA-kunswedstryd reik uit na Namibiu00eb

SA-kunswedstryd reik uit na Namibië

‘n Gewilde kunswedstryd wat jaarliks in die buurland plaasvind, gaan vanjaar ook in Namibië aangebied word – hetsy fisiek of aanlyn.
Yandi Du Plessis
Yandi du Plessis - Die Con Spirito-kunswedstryd word al vir 18 jaar in Suid-Afrika aangebied, maar het eers onlangs die pad na Namibië gevind. Hulle moes vanjaar ook die aanlyn uitweg soos talle kunstenaars en kunsteorganisasies volg.

“Kultuurkompetisies van ‘n veelsydige aard word jaarliks aangebied en gee die geleentheid aan kinders wat nie altyd ’n kans kry om uit te blink in skool nie,” vertel me. Lizelle van Staden, ‘n oudonderwyser en die stigter en uitvoerende direkteur van die Con Spirito-kunswedstryd.

“Ek het die geleentheid raakgesien om my passie vir kultuur en musiek uit te leef toe my kinders hoërskool toe gegaan het.”

Sy vertel sy het vir jare hard gewerk om die kompetisie tot sy volle potensiaal uit te brei, eers saam met ‘n vennoot en later op haar eie. Sy het selfs uit haar pos as nasionale organiseerder by die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) bedank om haar onverdeelde aandag aan die kunswedstryd te gee.

Sy vertel dié kompetisie het ‘n nederige begin gehad.

“Dit het baie klein begin in die ou poskantoor in Boksburg wat omskep is in ’n klein teater en is tans ’n historiese monument. Daarna het ons na ’n skool in Boksburg geskuif en toe na ’n kerk. Dit het jare gevat om uit te brei. Later na die Oos-Rand en nou ook na ander provinsies in Suid-Afrika.”

VERSKILLENDE AFDELINGS

Die kompetisie bestaan uit twee afdelings – die Woeker-met-die-pen-skryfkompetisie en die kunswedstryd wat verskeie kategorieë soos drama, lees, sang, instrumenteel, revue, redenaars en dans insluit.

Enige skool of instansie mag deelneem en privaatinskrywings word ook aanvaar.

Die Woeker-met-die-pen-skryfkompetisie is bekend gestel in samewerking met die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK) en is reeds vanjaar van toepassing in Namibië. Volgens Van Staden het hulle reeds ongeveer tien inskrywings uit Namibië ontvang.

Hulle beoog egter om vanjaar die Con Spirito-kunswedstryd in Namibië uit te brei en verskeie nuwe kategorieë aan te bied.

Dié kategorieë sluit in redenaars, kreatiewe skryfwerk, drama en voorbereide- en onvoorbereide lees.

Die sperdatum vir inskrywings is reeds op 18 Mei.

Van Staden sê hulle het vandeesweek begin met die plaaslike bemarking van die kunswedstryd.

“Ek dink Namibiërs het ‘n behoefte aan so iets, aangesien instansies soos die ATKV tans nie enige aktiwiteite kan aanbied nie,” meen sy.

Sy sê dit sal ideaal wees as hulle die kompetisie in Windhoek kan aanbied, maar indien die grense teen middel-September nog nie oop is nie, sal dié kompetisie ook aanlyn moet plaasvind.

AANLYN PLATFORM

Die aanlyn platform hou darem ook voordele in. Volgens Van Staden is die ouers in hul noppies dat hulle nie in ‘n saal hoef te sit en wag vir hul kinders se beurt nie.

“Ons is baie gesteld op tyd. Die uitslae word binne minute gestuur. Hulle hoef nie te jaag van een aktiwiteit na ’n volgende nie. Die kinders geniet ook die voor die kamera-aandag. Mense het ons oorval, want die kinders wil nie graag hulle harde werk laat verlore gaan nie en wil graag deelneem,” sê sy.

Dit is egter ook waar dat ‘n optrede voor die kamera nie dieselfde is as ‘n optrede voor ‘n gehoor nie. Ten spyte van al die moeite wat met die aanlyn opvoerings gedoen word gaan iets van die ervaring vir die jong kunstiges verlore.

“Natuurlik is dit nie ideaal nie, want ‘n kunswedstryd gaan eintlik oor die opvoering, maar ten minste leer die kinders en hulle afrigters nuwe vaardighede aan,” het Van Staden gesê.

Alhoewel hulle tans klein in Namibië wil begin deur beperkte kategorieë aan te bied, wil Con Spirito van volgende jaar af nóg afdelings plaaslik bekend stel.

“Ons sal dit eers in Windhoek oor ’n tydperk van ’n week aanbied, afhangend van die aantal inskrywings wat ons ontvang. Indien die getalle groei kan ons nog ’n ronde by die kus aanbied. Die beste presteerders word dan na ons Forte-ronde uitgenooi. Dit is wanneer al die verskillende provinsies in Suid-Afrika en Namibië se bestes weer teen mekaar deelneem om die uiteindelike wenners in elke afdeling en ouderdomsgroep te bepaal,” verduidelik Van Staden.

Dit lyk of jong kuns-entoesiaste iets het om na uit te sien. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!