SA kruip in 80ste plek met internetspoed
Die gemiddelde spoed van breëband in Suid-Afrika is 4,36 Mbps, die 80ste vinnigste land ter wêreld.
Dié slakkegang beteken dit sal 3 uur en 54 minute duur om ’n fliek in hoë definisie van 7,5 GB groot af te laai, volgens data van Cable.co.uk.
Singapoer is nr. 1 op die lys van 189 lande en het ’n gemiddelde spoed van 55,13 Mbps, wat beteken jy kan dieselfde fliek in slegs 18 minute aflaai.
Cable.co.uk het meer as 63 miljoen spoedtoetste wêreldwyd in die 12 maande tot en met 10 Mei 2017 ontleed. Die data is ingesamel deur M-Lab, ’n vennootskap tussen New America se Open Technology Institute, Google se Open Source Research en Princeton se PlanetLab.
As jy dieselfde fliek in Jemen sou wou aflaai, waar die spoed die heel stadigste is, sal dit jou meer as twee dae neem. Dié land se gemiddelde spoed is slegs 0,34 Mbps.
Swede, Taiwan, Denemarke, Nederland en Letland is saam met Singapoer die lande met ’n gemiddelde spoed wat vinniger is as 30 Mbps, die afsnypunt om as “supervinnig” geklassifiseer te word, volgens Brittanje se departement van kommunikasie (Ofcom).
In teenstelling daarmee het 139 lande, insluitend Suid-Afrika, ’n spoed onder 10 Mbps, die minimum spoed wat volgens Ofcom nodig is om te voldoen aan die behoeftes van ’n “tipiese” gesin, berig Cable.co.uk.
Die meerderheid van die 30 lande boaan die lys is in Europa en Asië, terwyl lande in Afrika meer as die helfte van die stadigstes verteenwoordig. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie