SA kort 'Koue Oorlog' vir sukses met tegnologie
SA kort 'Koue Oorlog' vir sukses met tegnologie

SA kort 'Koue Oorlog' vir sukses met tegnologie

Die buurland het derduisende talentvolle entrepreneurs, programmeerders en sakelui oor die laaste paar dekades verloor, sê ’n kenner.
Petrus Malherbe – Hoewel die Suid-Afrikaanse regering se tweede internasionale beleggingskonferensie in Johannesburg verlede week beloftes van beleggings ten bedrae van R363 miljard oor die volgende vyf jaar gelok het, word die plaaslike tegnologiebedryf steeds deur spesifieke uitdagings in die gesig gestaar.

Ben Marrel, ’n waagkapitaalfinansierder en medestigter van Breega, het op die AfricArena-konferensie Maandag in Kaapstad verduidelik die uitdagings vir die bedryf is hoofsaaklik tweeledig.

Eerstens sukkel plaaslike beginnerondernemings om talent te lok om uiteindelik die produkte en idees van entrepreneurs in volwaardige ondernemings te omskep.

Suid-Afrika, sowel as die res van Afrika, het derduisende talentvolle entrepreneurs, programmeerders en sakelui oor die laaste paar dekades verloor wat verkies het om die vasteland vir groener weivelde te verlaat, sê Marrel.

Lande soos die VSA en Israel kon hierdie soort eksodus op sy kop keer deur die tweede uitdaging vir tegnologiemaatskappye die hoof te bied, naamlik die gebrekkige belangstelling van regerings om betrokke te raak.

Waar die talent nog iewers gevind kán word as dit moet, en selfs die nodige finansiering om toptalent te lok en hulle ’n mededingende salaris te betaal, beteken dit niks as die regering dit nie makliker maak om hier sake te doen nie.

Volgens Marrel, ’n Fransman wat deesdae in Australië woon, misluk talle regerings in Afrika nog daarin om te besef hulle moet sélf ook in entrepreneuriese tegnologie-ondernemings in hul lande belê.

Hy gebruik die bekende Silicon Valley in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië as voorbeeld.

“Die maatskappye daar het nie vanself van die grond af gekom nie; die Amerikaanse regering het miljarde dollars daarin belê.”

Die verskil was dat Amerika ’n dryfveer gehad het danksy die Koue Oorlog en die wil “om met Rusland af te reken”.

Suid-Afrika en ander Afrika-lande het ook só ’n dryfveer nodig, sê hy. Kortom, die wil om te wen.

Ander faktore wat beleggers verhinder om in Suid-Afrikaanse tegnologiemaatskappye en -beginnerondernemings te belê, is die ingewikkelde en burokratiese reëls en regulasies hier.

Daarbenewens bied die staat nie genoeg aansporing in die vorm van belastingkorting of die verslapping van regulasies om innovasie en investering aan te moedig nie, sê Marrel.

“Beleggers wil nie oor sulke kwessies wonder nie,” sê hy. Dít is die werk van die entrepreneurs. Beleggers wil net die nodige kapitaal verskaf en weet ’n projek gaan werk.

“Daar is ’n aptyt om in Afrika te belê. Die idees is daar, maar dis te moeilik om in werking te stel.

“Die bedryf in sy geheel moet die regering dwing om sake te vergemaklik.”

Volgens die jongste Global Business Complexity-indeks, wat 76 lande se regulasies, arbeidswette, boekhoureëls en dies meer bestudeer, beklee Suid-Afrika die 30ste plek rakende die ingewikkeldheid om sake te doen.

AfricArena lok jaarliks beleggers en beginnerondernemings van oor die vasteland hierheen om idees uit te ruil en finansieringsmoontlikhede te bespreek.

Die konferensie duur tot Dinsdag.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!