SA 'klein speler' in konflik

'n Kenner van internasionale politiek meen Suid-Afrika kan nie die bemiddelaarsrol speel nie.
Suid-Afrika se besluit om sy ambassadeur aan Israel te onttrek, is soos 'n hond wat grom, maar nie tande het om mee te byt nie.

Só sê prof. Antoni van Nieuwkerk, 'n kenner van internasionale politiek aan die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg.

Hy sê Suid-Afrika is in die soeke na 'n oplossing tussen Israel en die ­Palestyne “ 'n baie klein speler met min invloed in 'n groot konflik”.

Van Nieuwkerk het gereageer nadat Suid-Afrika Maandag sy ambassadeur in Israel, Sisa Ngombane, summier tot verdere kennisgewing teruggeroep het.

Dit was uit protes teen die optrede van die Israelse magte wat toegeslaan het op Palestyne wat betoog het teen die opening van die nuwe Amerikaanse ambassade in Jerusalem.

In dié voorval is sowat 60 mense dood en 2 400 beseer. Terwyl duisende Palestyne roudienste gehou het, het Israelse magte Dinsdag nóg twee mense doodgeskiet.

Van Nieuwkerk sê hy glo die Suid-Afrikaanse regering het die stap om die ambassadeur te herroep gedoen omdat daar groot steun in Suid-Afrika vir die onafhanklikheidstryd van die Palestyne is.

“Dié groep wat die Palestyne ondersteun, is luidrugtig en het die oor van die regering.”



BUITELANDSE BELEID

Omdat die ANC se buitelandse beleid voorsiening maak vir die ondersteuning “van een van die groep (die Palestyne) in die konflik”, kan Suid-Afrika nie hier 'n bemiddelaarsrol speel nie.

“Suid-Afrika het kant gekies.”

Van Nieuwkerk sê die konflik tussen Israel en die Palestyne is 'n tameletjie. “Dit is 'n ingewikkelde, taai spul. As dié tameletjie eers op die stoof aan die kook is en jy jou voet daarin druk, gaan jy hom baie moeilik uitgetrek kry.

“Dit is vir Suid-Afrika baie beter om uit dié konflik te bly omdat hy onder sy nuwe president (Cyril ­Ramaphosa) sy buitelandse beleid moet ­herformuleer.”

Van Nieuwkerk sê die groot vraag nou is of 'n alliansie van vennote – soos dié lande wat die Palestyne in die verlede ondersteun het en die “progressiewe stemme” in die internasionale gemeenskap – aan pres. Donald Trump van die VSA en Israel probleme gaan besorg.

“Dit is nie uitgesluit nie omdat dit 'n verreikende stap was om die Amerikaanse ambassade van Tel Aviv na Jerusalem te skuif en Jerusalem tot die hoofstad van Israel te verklaar.

“Trump moes geweet het daar sal groot teenkanting en selfs konflik hieroor wees,” sê Van Nieuwkerk.

Suid-Afrika sal hom skaar by lande soos Kuba, Iran en Venezuela wat aan die Beweging van Onverbonde-lande behoort.

“Daar is onder meer ook groepe lande en organisasies soos die ­Europese Unie wat baie bekommerd is oor die moontlikheid van groot­skaalse konflik in die Midde-Ooste.

Vir Christene, Jode en Moslems is Jerusalem 'n heilige stad van ­beduidende godsdienstige belang.

Lindiwe Sisulu, Suid-­Afrikaanse minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het Mark Pompeo, Amerikaanse minister van buitelandse sake, Maandagaand in 'n telefoongesprek probeer oorreed om die verskuiwing van die ambassade uit te stel.

“Hy het gesê ongelukkig is dit te laat daarvoor – die koeël is deur die kerk,” sê sy.

Sisulu sê die Israeli's het die reg om hulself te beskerm, maar nie met die dodelike maatreëls wat Maandag gebruik is nie. Suid-Afrika veroordeel daarom hul optrede “saam met die res van die wêreld.” - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.84/OZ UP +1.42% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.11% | Zinc US$ 2 451.00/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.60/BBP UP +1.40% | Platinum US$ 907.72/OZ UP +1.43% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.09 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.84/OZ UP +1.42% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.11% | Zinc US$ 2 451.00/T UP 0.08% | Brent Crude Oil US$ 87.60/BBP UP +1.40% | Platinum US$ 907.72/OZ UP +1.43%