u2018SA kan binne 2 jaar uit rommelstatus komu2019
u2018SA kan binne 2 jaar uit rommelstatus komu2019

‘SA kan binne 2 jaar uit rommelstatus kom’

Die gradeerder sê as Suid-Afrika sy tekort op sy lopende rekening verminder, sal ’n opgradering ook moontlik word.
Hanlie Stadler - Suid-Afrika kan binne twee jaar weer op beleggingsgraad wees – mits ekonomiese groei en fiskale maatstawwe soos staatskuld as persentasie van bruto binnelandse produk verbeter.

Kevin Lings, hoofekonoom van Stanlib, het die naweek op Twitter gesê dis “binne die volgende twee jaar haalbaar”.

Sy reaksie kom nadat Standard & Poor’s Global Ratings (S&P) sy gradering van Suid-Afrika se staatskuld Vrydagnag onveranderd gelaat het en ook die vooruitsig onveranderd op stabiel gelaat het.

S&P gradeer staatskuld in rand op BB+, een vlak onder beleggingsgraad, en staatskuld in buitelandse geldeenhede op BB, twee vlakke onder beleggingsgraad.

Fitch Ratings gradeer alle staatskuld op BB+, een vlak onder beleggingsgraad. Fitch besluit binne die volgende paar weke oor sy gradering.

Moody’s Investors Service is die enigste gradeerder wat staatskuld nog op beleggingsgraad het. Dis in die middel van Oktober op Baa3, die laagste beleggingsgraad op Moody’s se skaal, gehou.

Volgens S&P behoort ekonomiese groei in 2019 matig te styg, wat die styging in die regering se skuldlas kan beperk.

“Ons kan die gradering verhoog indien ekonomiese groei of fiskale uitkomste op ’n noemenswaardige en volgehou manier styg vergeleke met ons huidige projeksies,” sê die gradeerder in sy ontleding.

LOPENDE REKENING

Die gradeerder sê as Suid-Afrika sy tekort op sy lopende rekening verminder, sal ’n opgradering ook moontlik word.

Die lopende rekening is breedste maatstaf van die verskil tussen die kapitaal, goedere en dienste wat die land in- en uitvloei en ’n groot tekort plaas die rand onder druk.

In die tweede kwartaal van die jaar was die tekort R163,8 miljard, oftewel 3,3% van die bruto binnelandse produk, volgens die Reserwebank. Die syfers vir die derde kwartaal word op 6 Desember uitgereik.

Aan die ander kant wys S&P steeds op talle risiko’s wat tot ’n verdere afgradering kan lei, soos as die regering sy besteding verhoog, as die ekonomie se swakheid voortduur of as die tekort op die lopende rekening verswak.

“Ons kan ook die graderings verlaag indien die oppergesag van die reg, eiendomsregte, of die opdwinging van kontrakte beduidend sou verswak, wat die beleggings- en ekonomiese vooruitsig sal ondermyn.”

Laasgenoemde is ’n verwysing na grondonteiening sonder vergoeding, waaroor S&P nie te bekommerd is nie omdat hy glo Suid-Afrika se onafhanklike regbank en wigte en teenwigte in die institusionele raamwerk sal verseker dat die proses ordelik verloop.

TESOURIE SE REAKSIE

Die tesourie het Vrydagnag in sy reaksie gesê hy “bly vasbeslote om in die tyd wat voorlê verbeterde graderings te behaal”. Die tesourie is egter realisties oor die talle risiko’s wat S&P uitlig en beskou die volgende paar maande as “kritiek”.

Jabu Mabuza, medesameroeper van die CEO Initiative, sê in sy reaksie “baie werk moet nog gedoen word voordat ons ons beleggingsgraadstatus kan herwin”.

Die organisasie, wat van die land se voorste sakelui betrek by inisiatiewe vir werkskepping en finansiering van klein ondernemings, verwelkom nietemin die feit dat Suid-Afrika nie verder afgegradeer is nie. Die CEO Initiative is ook deel van die Youth Employment Service (Yes), wat op die oomblik deur Solidariteit gekritiseer word omdat dit wit jong mense uitsluit.

“Die CEO Initiative werk nou al meer as twee jaar saam met die regering en arbeidsektor in ’n poging om Suid-Afrika se kredietgradering te verbeter, nie soseer as ’n doelwit nie, maar as die uitkoms van strukturele hervorming wat die land op vinniger, volhoubaarder en meer inklusiewe groei sal herstel.”

Mabuza sê S&P se besluit “weerspieël Suid-Afrika se vermoë om vordering te maak, selfs al is dit plek-plek klein”. “Ons moedig die regering aan om aan te hou saamwerk met sy vennote in die arbeid- en sakesektor om die moeilike besluite te neem wat vir volhoubare verandering nodig is.”

Die tesourie het ook in sy verklaring beklemtoon dat hy al hoe beter met die sake- en arbeidsektor wil saamwerk. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.98 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.98 | USD to ZMW 26.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 328.80/OZ UP +0.54% | Copper US$ 4.52/lb UP +1.85% | Zinc US$ 2 866.10/T UP 2.12% | Brent Crude Oil US$ 88.02/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 904.81/OZ UP +0.30% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.69 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.98 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.23 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 18.98 | USD to ZMW 26.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 328.80/OZ UP +0.54% | Copper US$ 4.52/lb UP +1.85% | Zinc US$ 2 866.10/T UP 2.12% | Brent Crude Oil US$ 88.02/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 904.81/OZ UP +0.30%