SA 'ekonoom' se lisensie teruggetrek
Die Raad op Finansiële Dienste (RFD) in Suid-Afrika het die ekonoom Clive Ramathibela-Smith, wat al gereeld op die televisiekanale van ANN7 en eNCA en op radiostasies kommentaar gelewer het, belet om verdere finansiële advies te gee.
Die Raad op Finansiëele Dienste (RFD) se registrateur van finansiëlediensteverskaffers het die ekonoom, Clive Ramathibela-Smith, se maatskappy, Clivera Consulting, se finansiëledienstelisensie teruggetrek Boonop mag Ramathibela-Smith ook nie meer enige finansiële raad gee nie.
Bhekithemba Ngcobo, ’n ontleder in die Fais-ombudsman se departement van nakoming, het by navraag gesê die kantoor het klagtes van twee kliënte ontvang wat geld verloor het.
Albei het gesê hulle het Ramathibela-Smith vir beleggingsadvies genader om hul fondse te belê.
“Ons ondersoek na hierdie klagtes het getoon die fondse wat na Clivera Consulting se bankrekening gestuur is, is nie volgens hul instruksies belê nie, maar wanaangewend deur Clivera Consulting,” beweer Ngcobo.
Hy sê die RFD se rekords toon Phelegetso Ramathibela is die enigste direkteur en aandeelhouer van Clivera Consulting.
Hy het bevestig dit is Clive Ramathibela. Ramathibela se van word ook as Ramathibela-Smith aangedui.
Op Clivera Inc. se webtuiste word sy titel as beleggingshoof aangedui en word hy as ’n “tuisgemaakte” ekonoom beskryf.
Ramathibela-Smith het by navraag gesê hy gaan teen die besluit van die RFD appelleer.
Volgens hom is dit kliënte wat op hul valuta-platform geld verloor het. Dit is net minder as R1 miljoen wat verloor is.
Hy sê ten spyte daarvan dat daar geen regsgronde daarvoor is nie, is sy regspan nou besig om met die kliënte te onderhandel om die geld terug te betaal. Hy sê een van die kliënte is ’n pensioentrekker en die impak op die persoon is ernstig.
Hy sê die RFD se besluit gaan betwis word omdat die ondersoek eensydig was.
Hy sê daar was ’n kontrak met die kliënt waar hy van die risiko ingelig is.
Volgens hom is die platform wat gebruik is, CM Trading, ’n baie gewilde valutaverhandelingsplatform.
“Hierdie sektor is baie sensitief . . . soms belê mense in dinge wat hulle nie heeltemal verstaan nie,” het hy bygevoeg.
Ramathibela-Smith sê die mense wat hom ken, weet hy het hard gewerk om sy beroep te bou.
Volgens hom het Clivera Consulting R20 miljoen se bates onder bestuur en R60 miljoen se bates onder advies. Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie