SA: Deflasie is 'n groter probleem as inflasie
SA: Deflasie is 'n groter probleem as inflasie

SA: Deflasie is 'n groter probleem as inflasie

Huispryse, wat die vernaamste bate van talle huishoudings verteenwoordig, het die afgelope 12 jaar swak gevaar.
Roelof Botha, Sakesiening



Hoë inflasie is nie 'n wesenlike probleem in die Suid-Afrikaanse ekonomie nie. 'n Gebrek aan voldoende vraag om werkskepping te verseker, is wel.

Teoreties kan deflasie as 'n algemene daling in die pryse van bates en verbruikersgoedere gedefinieer word – 'n verskynsel wat sedert die 2008-'09-resessie in verskeie lande waargeneem is en steeds voorkom.

In Suid-Afrika se geval het inflasie volgens die verbruikersprysindeks (VPI) nie tot negatiewe jaar-tot-jaar-koerse teruggesak nie, maar die gemiddelde VPI vir 2018 is 35% laer as in 2009 en 28% laer as in 2016. Die VPI is ook al 20 maande lank gemaklik binne die Reserwebank se teikenband van 3% tot 6%.

Ongelukkig is daar soms 'n leemte in ekonomiese intelligensie oor pryse, aangesien batepryse nie in die reël deur monetêrebeleidsmakers in ontwikkelende lande in ag geneem word nie. Ter plaatse is daar ondubbelsinnige tekens van deflasie. In die eerste plek het die reële waarde van die indeks van alle aandele van die JSE tussen die einde van 2017 en einde verlede jaar met meer as 15% gedaal.

Die prentjie is effens beter oor langer termyn, maar die reële waarde van dié indeks was aan die einde van verlede jaar steeds meer as 3% laer as aan die einde van 2007.



HUISPRYSOORSIG

Huispryse, wat die vernaamste bate van talle huishoudings verteenwoordig, het ook die afgelope 12 jaar swak gevaar. Volgens die jongste huisprys­oorsig van FNB het die gemiddelde reële huisprys in Suid-Afrika sedert 2007 met meer as 20% teruggesak.

Produkpryse het ook nog nie naastenby van die daalfase herstel wat ná die kortstondige lopie tussen 2009 en 2011 posgevat het nie. Die pryse van belangrike uitvoerprodukte soos steenkool, platinum, goud, mielies en ystererts was verlede jaar tussen 16% en 58% laer as in 2011.

Die simptome van deflasie is al geruime tyd in Suid-Afrika merkbaar, al is die VPI nie in negatiewe groeiterrein nie. Die belangrikstes hiervan is lae ekonomiese groei, hoër werkloosheid, swak verbruikersvraag en lae vlakke van vaste investering.

Veral die gebrek aan voldoende nuwe kapitaalvorming is kommerwekkend, aangesien só 'n verskynsel 'n demper op 'n land se toekomstige ­ekonomiese groei plaas. Reële kapitaalvorming was in die derde kwartaal van 2018 11% laer as in die eerste kwartaal van 2015 (ná seisoensaanpassing).

Gelukkig het die onlangse skerp daling in die prys van brandstof en die indrukwekkende verstewiging van die rand die kaarte van die monetêrebeleidskomitee (MBK) van die Reserwebank deurmekaar gekrap en behoort daar nie in Januarie enige styging in die repokoers te wees nie. Trouens, 'n wesenlike daling van die repokoers is lankal reeds broodnodig.

Die MBK het skynbaar geen benul van die bewese vermoë van die rand om elke keer ná 'n effense verswakking te herstel nie.

Wie ook al vir die MBK van raad oor die ekonomie bedien, is geneig om keer op keer 'n oormatige pessimistiese siening in te neem. Die jongste bewys hiervan is die ooglopende teenstrydigheid tussen die president van die Reserwebank se monetêrebeleidstandpunt van Desember en die huidige afwaartse druk op inflasie.

Laasgenoemde is onder meer in die hand gewerk deur die versterking van die rand-dollar-wisselkoers met meer as 10% sedert September.

'n Mens kan maar net vertrou dat 'n klein bietjie gesonde verstand binnekort na die land se monetêrebeleidsbesluite sal terugkeer.

• Dr. Roelof Botha is die ekonomiese raadgewer van die Optimum-groep. 

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.29/OZ UP +1.58% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.07% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.57/BBP UP +1.36% | Platinum US$ 909.21/OZ UP +1.60% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.85 | EUR to NAD 20.41 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.33 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 225.29/OZ UP +1.58% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.07% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.57/BBP UP +1.36% | Platinum US$ 909.21/OZ UP +1.60%