u2018SA: Daar u00eds lig vir verkiesingsweeku2019
u2018SA: Daar u00eds lig vir verkiesingsweeku2019

‘SA: Daar ís lig vir verkiesingsweek’

Antoinette Slabbert - Hoewel Eskom ’n tekort van meer as 2 000 MW se opwekkingsvermoë vir hierdie week voorspel, is die kragvoorsiener vol vertroue dat die ligte op stemdag in Suid-Afrika sal aanbly.

Dit is tensy opwekkingseenhede by Eskom se verouderde kragsentrales weer onverwags die gees gee.

Eskom verwag reeds dat 7 500 MW se opwekkingsvermoë vandeesweek onbeskikbaar gaan wees.

Die waarnemende hoof van kragopwekking, Andrew Etzinger, sê produksie deur Eskom se kragsentrales het verlede week drasties verbeter met ’n gemiddelde beskikbaarheidsfaktor van 73,34%, die hoogste tot dusver vanjaar.

Die gemiddelde vir vanjaar tot dusver is ’n skamele 64,52%, teenoor 71,84% vir die hele 2018.

Eskom se mikpunt is normaalweg 80%.

Eskom voorspel dat die gemiddelde vraag na krag in die verkiesingsweek 32 294 MW sal wees. Kusile kan ook nog 800 MW lewer.

Die kragverskaffer sê in sy weeklikse oorsig oor die stand van die elektrisiteitstelsel dat 41 848 MW se opwekkingsvermoë in beginsel beskikbaar is.

Daar word egter in die komende week instandhoudingswerk gedoen wat die produksie met 4 444 MW sal verminder. Daar word ook voorsiening gemaak vir 7 500 MW se onverwagte foute en ’n reserwe van 2 200 MW.

Dit laat ’n tekort van meer as 2 000 MW, wat kan lei tot minstens fase 2-beurtkrag, selfs met die gebruik van Eskom se dieselturbines.

Vroeër vanjaar het Eskom sowat R1 miljard per maand aan diesel bestee in ’n poging om die ligte aan te hou.

Volgens Etzinger gaan dit egter nou baie beter. Danksy die res van die kragsentrales wat nou beter werk, het Eskom die afgelope week glad nie sy dieselturbines gebruik nie, sê hy.

Selfs al sou dit nodig raak om die turbines meer dikwels te gebruik, is Eskom sedert die begin van die nuwe boekjaar in April in ’n gemakliker posisie. Hy het minder diesel gebruik as die toegelate R500 miljoen per maand.

Etzinger sê Eskom het benewens die dieselturbines verskeie ander hase in sy hoed om die verwagte tekort dié week hok te slaan. Benewens die reserwe van 2 200 MW wat hy kan inspan, is daar nog 800 MW wat deur Kusile se derde eenheid ontwikkel kan word, hoewel dit nog nie kommer­sieel aan Eskom oorhandig is nie.

Etzinger sê as al die opwekkingsvermoë reeds in gebruik is en daar steeds ’n tekort is, het Eskom nog die opsie om die kragtoevoer na van sy smelterkliënte te onderbreek. Dit verteenwoordig nog sowat 1 000 MW se opwekkingsvermoë.

Eers wanneer al dié maatreëls ontoereikend is, sal Eskom hom wend tot beurtkrag om te verhoed dat die kragnetwerk in duie stort.

Die voorspelde tekort is “nie gemaklik nie”, sê Etzinger, maar dit behoort hanteerbaar te wees. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!