SA banke het genoeg kapitaal – Moody’s
Volgens die kredietgradeerder is die kans dat China se banke hul skuldverpligtinge kan nakom die hoogste danksy die oorheersing van groot, staatsbeheerde banke.
Hanlie Stadler – China se banke het die beste kredietprofiel van al die Brics-lande. Rusland se banke het die swakste kredietprofiel.
Suid-Afrikaanse banke het die beste kapitaalvlakke en Indië die swakste.
Dis die bevinding van ’n nuwe verslag deur Moody’s Investors Service, wat Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika se banke vergelyk.
Die verslag verteenwoordig nie ’n kredietgradering nie.
Volgens die kredietgradeerder is die kans dat China se banke hul skuldverpligtinge kan nakom die hoogste danksy die oorheersing van groot, staatsbeheerde banke.
Rusland se banke is swakker wat betref die gehalte van hul bates, likiditeit en winsgewendheid.
“Die bedryfsomgewing vir banke in Brics-lande is in die algemeen gunstig,” sê Yaroslav Sovgyra van Moody’s.
“Hoewel China se uitbreiding matig sal verlangsaam, het die land se banke die laagste persentasie probleemlenings onder die groep lande.”
Net 1,5% van lenings by Chinese banke is sogenaamde wanpresterende lenings, dus geld wat nie invorderbaar is nie. Daarteenoor is 11,8% van banke by Russiese banke wanpresterende lenings.
Wat kapitaalvereistes betref, staan Suid-Afrika se banke sterk, met ’n gemiddelde persentasie van 12,4% gewone ekwiteit as persentasie van hul risikogeweegde bates teen einde 2017.
Indiese banke se kapitaal beloop net 8,7%.
Banke in Suid-Afrika en Brasilië is die winsgewendste.
In Brasilië sal wins aangehelp word deur ’n sterk groei in lenings, inkomste uit bankkoste en ’n daling in rentekoerse.
Moody’s verwag dat Suid-Afrikaanse banke se winsgewendheid onder druk gaan kom omdat hul inkomste onder druk verkeer en hul koste nie meer veel besnoei kan word nie.
Indiese banke se winsgewendheid is die swakste van die vyf lande en kan in die res van 2018 onder druk kom.
Chinese banke se winsgewendheid bly stabiel. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie