SA Banke: Direksies te wit

Net een bank in Suid-Afrika het vordering gemaak met 'n meer diversie direksie, maar die ander drie het agterweë gebly.
Suid-Afrika se vier grootste banke is deur pres. Jacob Zuma gekritiseer dat hulle te min doen om swart mense se deelname in hul maatskappye te verhoog – inligting toon dit is wel so.

In die afgelope dekade het drie van die direksies teruggeval op die diversiteit van rasse op hul direksie en nie een van hulle weerspieël Suid-Afrika se demografie nie.

Suid-Afrika het 56 miljoen mense en daarvan is 81% swart, 8,1% wit en die res is bruin, Indiërs of Asiërs.

Net Nedbank het vordering gemaak om 'n meer diverse direksie te kry.

Barclays, FirstRand of Standard Bank het agtergebly daarmee.

“Ons direksie is verteenwoordigend van die Afrika wye aard van ons sake en ons internasionale aandeelhouding,” het Barclays Africa-groep in 'n e-pos gesê. Barclays Africa wat vir Absa besit se moedermaatskappy is in Londen gevestig en is nou besig om sy belang in die maatskappy te verminder.

“Die desinvestering van Barclays sal waarskynlik veranderinge aan ons direksie bring. Ons voorsitter en ons uitvoerende hoof is vroue,” is bygevoeg.

Die Bankvereniging het in Maart aan wetmakers by 'n vergadering oor transformasie gesê dit is 'n stadige proses om meer swart topbestuur te kry, maar die junior en middel swart bestuur neem toe.

Dit is nie net banke wat so lyk nie.

Dwarsoor die plaaslike ondernemings, hou wit mense meer as 68% van die topbestuursposte in die private sektor, terwyl swart mense 14% hou, volgens inligting wat deur die departement van arbeid uitgereik is.

Nog 'n ontleding toon al vier banke het die afgelope dekade verbeter wat vroue op die direksie betref, maar dis nog nie werklik gelyke verteenwoordiging nie.



TE VEEL DIREKTEURE

Nog 'n ontleding toon hoe groot Suid-Afrikaanse banke se direksies is.

Dit oortref die grootte van internasionale banke asook aanbevelinge­ van 'n Suid-Afrikaanse kommissie van ondersoek oor korporatiewe bestuur in die bedryf.

FirstRand het 21 direksielede. Die direksie het die maatskappy in sy 2016-boekjaar R215 miljoen gekos.

Gemiddeld kos die vier maatskappye se direksies R142 miljoen.

Nedbank en Barclays Africa het 17 direkteure elk.

Vergeleke daarmee het die internasionale bank JPMorgan Chase & Co, wat bedrywighede in meer as 60 lande het, 12 direkteure en 'n markwaarde van meer as vyf keer die groot vier banke van Suid-Afrika is.

“Die direksie glo die huidige grootte en samestelling is van so aard dat direkteure hul fidusiêre pligte kan uitoefen in belang van alle belangegroepe,” sê Sam Moss, woordvoerder van FirstRand.

Nie-uitvoerende direkteure word gereeld gewissel.

Veertien jaar gelede het 'n studie wat deur die Reserwebank uitgevoer is aanbeveel 'n bank se direksie moet nie meer as 16 lede hê nie.

Die King-kode oor korporatiewe bestuur het in 2009 gesê alle maat­skappye moet aandag gee daaraan of die grootte, diversiteit en demografie hul direksies doeltreffend maak.

Nedbank kom die King-beginsels na en die direksie se samestelling neem die addisionele subkomitees in ag wat oor spesifieke aspekte van bankwese toesig hou en om diversiteit en onafhanklikheid te verseker, sê Mike Brown, uitvoerende hoof.

“'n Kleiner direksie sal te veel duplisering op subkomitees meebring.”



RYKLIK VERGOED

Suid-Afrika se banke het ook 'n gaping gelaat vir kritiek oor die omvang van uitvoerende hoofde se vergoeding vergeleke met hul prestasie.

Die ANC en arbeidsleiers spreek gereeld hul kommer uit oor die gaping tussen ryk en arm in Suid-Afrika.

By elke bank het die uitvoerende hoofde se vergoeding vinniger as die wins gegroei, volgens die ontleding van Bloomberg.

Suid-Afrika se ekonomie het in 2016 die stadigste gegroei sedert die 2009-resessie terwyl inflasie gestyg het en rentekoersverhogings verbruikers se vermoë beperk het om geld te bestee.

Terwyl die bankindeks, wat ses banke insluit, in 2015 met 27% gestyg het, het die winsgroei van al vier die banke verlangsaam.

Die vergoeding van uitvoerende hoofde het vinniger gegroei.

Maria Ramos, uitvoerende hoof van Barclays Africa, het R392 se netto inkomste geskep vir elke R1 van haar salaris, aansporings en bonusse in 2016.

Standard Bank het twee uitvoerende hoofde, Ben Kruger en Sim Tshabalala, wat saam R249 vir elke R1 se betaling geskep het.

Tshabalala is die enigste swart uitvoerende hoof in die vier banke.

Nedbank se Brown het die kleinste verhoging in sy totale vergoeding gekry, terwyl die hoofde van Standard Bank en FirstRand s'n onder inflasie verhoog het.

Ramos se totale vergoeding het met 33% gestyg nadat R8 miljoen se aandele aan haar toegeken is. Die aandele is aan haar toegeken om haar te behou terwyl Barclays sy belang verkoop. Standard Bank wou nie kommentaar lewer nie en het alle navrae na sy jaarverslag verwys.

Johan Burger van FirstRand het in 2016 die hoogste vergoeding van R63 miljoen gekry.

Die ander uitvoerende hoofde se vergoeding is gemiddeld R45 miljoen. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.67 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.91 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.12 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 390.59/OZ UP +0.45% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.25% | Zinc US$ 2 862.90/T UP 1.45% | Brent Crude Oil US$ 87.49/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 930.17/OZ DOWN -0.0065 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.67 | EUR to NAD 20.37 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.12 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.91 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.12 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 390.59/OZ UP +0.45% | Copper US$ 4.47/lb UP +1.25% | Zinc US$ 2 862.90/T UP 1.45% | Brent Crude Oil US$ 87.49/BBP UP +0.37% | Platinum US$ 930.17/OZ DOWN -0.0065