SA bankbaas boikot SAA
SA bankbaas boikot SAA

SA bankbaas boikot SAA

Gaan meer bankbase en uitvoerende hoofde in die voetspore van FNB se grootbaas volg en die South African Airways (SAA) boikot?

Jacques Celliers, uitvoerende hoof van FNB, het Maandag getwiet hy gaan nie meer met SAA vlieg nie.

“In plaas daarvan sal ek die eerbare alternatiewe ondersteun . . . hierdie misbruik moet tot 'n einde kom!” het Celliers geskryf.

Die uitvoerende hoofde van ander banke, veral dié wat geld geskuld word deur SAA, moet Celliers se voorbeeld volg en die nasionale lugdiens boikot, het Alf Lees, DA-LP, aan Fin24 gesê.

Volgens Lees is dit 'n dapper stap deur die hoof van 'n bank.

“Ons hoop die boodskap sal wees dat SAA nie langer 'n las vir belastingbetalers moet wees nie,” sê hy.

“Dit sal baie help as ander bankhoofde, waaronder die hoofde van banke aan wie SAA geld skuld, dieselfde standpunt inneem.”

Lwazi Stuurman, 'n woordvoerder van FNB, sê Celliers “het niks om verder te sê oor die aangeleentheid nie”.

Die gebeure volg op 'n insetsel op Carte Blanche Sondagaand wat gefokus het op die ­Suid-Afrikaanse Vereniging vir Kajuitpersoneel (Sacca).

Dié vakbond het klagtes ­ingedien teen lede van die SAA-direksie weens diefstal en korrupsie van sowat R1,86 miljard.

SAA maak sedert 2011 nie meer 'n wins nie en is in 'n geweldige ­finansiële verknorsing.

Die lugdiens verwag ook om in die 2017-'18-boekjaar 'n verlies van sowat R2,8 miljard te ly.

Hy verwag om in 2020 weer ­winsgewend te wees. – Fin24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!