Su00f3 werk die Swapo-kongres
Su00f3 werk die Swapo-kongres

Só werk die Swapo-kongres

Volgens Swapo se sekretaris van inligting en mobilisasie is 98% van die nominasies in orde.
Estelle de Bruyn
Met president Hage Geingob, wat vir nog net een termyn verkiesbaar is, is alle oë op die posisie van die visepresident, want dit sal in alle waarskynlikheid bepaal wie ná hom die leisels as staatshoof sal oorneem.

Volgens Swapo se sekretaris-generaal, mnr. Nangolo Mbumba, bepaal die party se grondwet duidellik hoe die kongres saamgestel word. Al 84 lede van die sentrale komitee is afgevaardigdes. Die vleuels van die party stuur ook hul eie afvaardigings.

Die vroueraad stuur die meeste, naamlik 20 afgevaardigdes, wat die sekretaris van die raad uitsluit. Die sekretaris is as lid van die sentrale komitee outomaties afgevaardig. Die raad van oudstes, die jeugliga en die Nasionale Unie vir Namibiese Werkers (NUNW) stuur 16 afgevaardigdes elk.

Uit die 14 streke nomineer Swapo se uitvoerende komitees elk 10 lede om die kongres by te woon, wat in totaal 140 afgevaardigdes oplewer. Afgesien hiervan kom vier verteenwoordigers elk uit die 121 kiesafdelings, wat altesaam 484 afgevaardigdes is.

Die party se grondwet maak ook voorsiening vir 30 spesiaal uitgenooide afgevaardigdes wat aan al die verrigtinge van die kongres kan deelneem, maar nie stemreg geniet nie. Ná afloop van die kongres en die aanwysing van die sentrale komitee verkies die sentrale komitee uit eie geledere die politburo, wat uit 24 lede plus die voormalige presidente bestaan.

Volgens Swapo se sekretaris van inligting en mobilisasie, mnr. Helmut Angula, is 98% van die nominasies in orde. Ontevredenheid met die aanwys van afgevaardigdes is dit bloot die gevolg van plaaslike binnegevegte en onderlinge kompetisie, sê Angula.

"Die proses was oorweldigend geslaagd. Dié wat steeds onderling baklei, is maar van die uitdagings wat in die toekoms opgelos moet word," het hy gesê.

Tydens verlede Donderdag se vergadering van die politburo het Mbumba Geingob vir die posisie van die president genomineer. Me. Laura McLoud-Katjirua het me. Netumbo Nandi-Ndaitwah vir die posisie van visepresident genomineer, dr. Albert Kawana het me. Sophia Shaningwa as sekretaris-generaal genomineer en mnr. Marco Hausiku is as adjunksekretaris-generaal genomineer.

By die geleentheid het mnr. Jerry Ekandjo aangedui hy sou by die afgelope Sondag se sentrale komitee-vergadering as presidentskandidaat teen Geingob genomineer word. Me. Pendukeni Iivula-Ithana en mnr. Helmut Angula het gesê hulle sou vir die posisie van visepresident genomineer word.

Mbumba sê daar word wel voorsiening gemaak daarvoor dat kandidate vir die topvier posisies tydens die kongres van die vloer af benoem kan word, maar dit is onwaarskynlik dat sodanige kandidate 'n kans sou hê - veral omdat daar geen tyd sou wees om behoorlike verkiesingsveldtogte te voer nie. Indien vier of meer lede vir 'n betrokke pos genomineer word, sal dit meebring dat twee verkiesingsrondes gehou word om die wenners te bepaal.

Wat die reëls vir die verkiesingsveldtogte van die onderskeie kandidate betref, sê Mbumba almal is dit eens dat hulle "die bal en nie die persoon" moet speel nie. "Kom ons bly weg van persoonlike gevegte en vuil politieke spel. Ons het reëls wat bepaal geen dreigemente mag gemaak word nie en geen omkopery sal geduld word nie. Kom ons pas selfbeheersing toe," het Mbumba gevra.

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.33 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.09 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.89 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.36 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 391.12/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.38/lb UP +1.47% | Zinc US$ 2 797.10/T DOWN -0.84% | Brent Crude Oil US$ 87.75/BBP UP +0.05% | Platinum US$ 942.03/OZ UP +0.22% Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.73 | EUR to NAD 20.33 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.09 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.89 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.36 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.08 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 72995.19 Down -0.01% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1521.3 Up +0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13384.83 Up +0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 29667.71 Up +0.91% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 391.12/OZ UP +0.98% | Copper US$ 4.38/lb UP +1.47% | Zinc US$ 2 797.10/T DOWN -0.84% | Brent Crude Oil US$ 87.75/BBP UP +0.05% | Platinum US$ 942.03/OZ UP +0.22%