Su00f3 vorder CoW-projekte, diensverskaffing
Su00f3 vorder CoW-projekte, diensverskaffing

Só vorder CoW-projekte, diensverskaffing

In 'n munisipale vorderingsverslag word spesifiek op die diens van erwe, waterverskaffing, sanitasiegeriewe, elektrisiteit, informele handel en gemeenskapsdeelname gefokus.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – “Dit kan nie reg wees dat dit vier jaar moet neem om 'n besluit deur die stadsraad te implementeer nie. Die stads­raad se resolusies moet ­vinniger en meer doeltreffend geïmplementeer word.”

So het die Windhoekse burgemeester, me. Fransina Kahungu, gesê toe sy Dinsdag 'n vorderingsverslag van die stadsraad se prestasies oor die afgelope ses maande vrygestel het.

Sy het ook gesê stadsraadsvergaderings behoort meer doeltreffend te wees, want dit sal beide die stadsraad meer doeltreffend maak en geld spaar omdat minder oortyd betaal moet word.

“Dit is hoogtyd dat die stadsraad nuwe bronne vir inkomste moet ontsluit deur beskikbare geld optimaal te benut en beskerm,” het Kahungu gesê.

In die verslag word spesifiek gefokus op vordering as dit by die diens van erwe, die verskaffing van water en sanitasie geriewe, elektrisiteit, informele handel en gemeen­skapsdeelname kom.

VORDERING

Kahunga het gesê die munisipaliteit se skuldboek het op 31 Maart vanjaar op N$839 miljoen gestaan, vergeleke met N$935 miljoen in Desember 2019 en N$867 miljoen op 30 September 2019.

Die munisipale vlootbeleid is ook geïmplementeer om koste te bespaar, terwyl 'n omset-bevorderingspan gestig is om nuwe bronne van inkomste vir die munisipaliteit te ontsluit.

Sowat 80% van die stalletjies in die Khomasdal-nywerheidsgebied is van 3-fase kragmeters voorsien wat op 'n voorafbetaal-basis werk.

In die afgelope ses maande is 34 erwe van water- en riool­aansluitings voorsien, terwyl watermeters in 1 690 ­huishoudings geïnstalleer is en nog 300 huishoudings nou altesaam 30 gemeenskapstoilette bygekry het.

Voor die inperking, in Februarie en Maart, is 235 erwe in Rocky Crest se uitbreiding 4 verkoop, terwyl die loodsprojek vir die opgradering van bekostigbare behuising tussen talle rolspelers op 1 Julie van stapel gestuur is en ­kontrakteurs sou reeds gister op die boupersele aanmeld.

Kahunga het gesê tans word 272 erwe in Auasblick uitbreiding 1 gediens, terwyl die projek vir ­bekostigbare behuising in sekere dele van Katutura geïmplementeer word.

Sy het verder gesê die munisipaliteit is besig met werk om elektrisiteit na Havana se uitbreidings 1 en 3, asook na Otjomuise se uitbreiding 6 en 7 aan te lê en verwag om dit teen Oktober vanjaar te voltooi.

Onderskeidelik 25% en 15% van inwoners in dié woonbuurte het toegang tot elektrisiteit. Terselfdertyd is elektrisiteit ook aangelê na 56 huise in Babylon en het 80% inwoners van die Khaetani-nedersetting ook reeds toegang tot elektrisiteit.

NOG ONDERWEG

Sy het gesê konsepregulasies vir sandmynery is ingedien vir verder insette, terwyl hul buite-advertensiebeleid, asook klimaatsveranderingstrategie teen 31 Julie vir goedkeuring ingedien is.

Sy sê ten spyte van dat talle kinders oor die afgelope ses maande by vroeë kinderontwikkelingsentrums ­ingeskryf is, het 21 van 200 van die sentrums hul deure gesluit ná die Covid-19-inperkings.

Die inperking het ook opknappingswerk aan die Nataniel Maxwilili-biblioteek belemmer, terwyl die inwyding van die Windhoekse stadsmuseum, asook die Windhoek Burgemeesterskomitee Sakeforum uitgestel moes word.

Die munisipaliteit het ook reeds meer as N$5,4 miljoen se Covid-19-skenkings ontvang, die ­grootste hiervan was N$3,3 miljoen van die ­Maatskaplike Voorsorgkommissie (SSC), bykans N$1,2 miljoen van NamPower, asook N$429 500 van Sanlam.

Die uitvoerende hoof van die Windhoekse stadsraad, mnr. Robert Kahimise, het tydens die geleentheid gesê 'n vorderingsverslag vir die jaar sal na verwagting teen ­Desember vrygestel word.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!