Só styg eise vir selfdood, kanker

Elvira Wood – Die aantal eise vir lewensversekering na gevalle van selfdood wat Liberty in 2018 betaal het, was bykans dubbel soveel as in 2017.

Dit is luidens Liberty se nuutste eisstatistieke, vir 2018, wat hy Maandag in Bryanston, Johannesburg, bekend gemaak het.

In 2017 het Liberty 78 eise ná selfdood betaal. In 2018 het dit tot 152 gestyg.

Eise wat vir selfdood betaal is beloop 2,51% van alle eise oftewel sowat R117,7 miljoen vir 2018.

Luidens die statistieke eis Gautengers die meeste vir selfdood en verteenwoordig hulle 39,4% van dié eise.

Liberty verdeel sy kliënte in vier groepe volgens hul loopbaan en lewenstyl. Die vier groepe is jong presteerders, jong ouers, gevestigde voorsieners en die leënesgroep.

Die meeste eise vir selfdood was vir jong ouers (36,7%) gevolg deur die leënesgroep (35%), gevestigde voorsieners (25%) en jong presteerders (3,3%).

Dr. Thabani Nkwanyana, dokter by Liberty, sê hy is nie seker waarom dié syfer so dramaties styg nie.

“Ons kan nie sien of dit weens die ekonomie is, of wat die redes hiervoor is nie. Dit bly ’n moeilike eis om oor te besluit,” sê hy.

Eise

Liberty het altesaam R4,7 miljard se eise in 2018 uitbetaal.

Dit kom neer op sowat R18,8 miljoen per dag. Die betalings is aan 28 453 individue gemaak.

Ursula Torr, aktuariële deskundige by Liberty, sê Maandag wat uitstaan is al hoe meer eise word aan mense wat steeds lewe betaal, en nie aan mense wat dood is se families of begunstigdes nie.

“Daar is ’n groot skuif waar mense versekering eis vir gevreesde siektes, nie uit hul lewensversekering nie, maar uit polisse wat hul inkomste beskerm.

“Dit is omdat hulle gevreesde siektes soos kanker of kardiovaskulêre siektes oorleef, maar nie verder kan werk nie,” sê sy.

Sy sê dié verandering kan aan beter mediese navorsing en vroeë diagnose toegeskryf word.

Torr sê wat ook ontstellend is, is die jongste persoon waarvoor Liberty ’n eis weens kanker betaal het, vir ’n meisie van 11 jaar oud was.

Torr sê kanker by kinders is definitief ’n groot probleem, hoewel dit gewoonlik nie uitstaan waar dit by versekeringseise kom nie. Dit is bloot omdat ouers nie gewoonlik hul kinders vir gevreesde siektes verseker nie.

Kanker

Die meeste eise wat Liberty in 2018 (27,9%) net soos in 2017 ontvang het, was vir kanker. In 2017 was kanker verantwoordelik vir 24,3% van alle eise.

· 16% van die kankereise was van jong presteerders;

· 19% van jong ouers;

· 26% van gevestigde voorsieners; en

· 32% van die leënesgroep.

Mans het net soos voorheen hoofsaaklik vir prostaatkanker (32,3%) en vroue vir borskanker (50%) geëis.

Motorongelukke

Motorongelukke bly steeds ’n groot rede vir eise wat Liberty betaal.

Die meeste eise in 2018 was van motoriste in Gauteng (31,2%). Jong presteerders was verantwoordelik vir net 8,6% van hierdie eise teenoor die 43,1% deur jong ouers en 31% deur die leënesgroep.

Afleggings

Die druk op die ekonomie in 2018 – veral wat indiensneming betref – bly ’n groot probleem.

Wanneer dit by korttermyn-eise kom, oftewel eise waar dekking net vir ’n paar maande betaal word, was 38% weens afleggings.

“Dit is duidelik dat daar al hoe meer druk op mense is om ’n eis in te dien nadat hulle hul werk verloor het,” sê Torr.

Kansvatters

· Die persentasie kansvatters neem af. In 2017 is 1,6% van eise afgekeur weens bedrog of omdat inligting opsetlik weerhou is. In 2018 het dié syfer tot 0,66% gedaal.

· In 2017 was 8,6% van eise vir toestande wat nie deur die polis gedek is nie. Dié tipe eise het nou tot 4,7% gedaal. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!