Só skuif Geingob adjunkte in sy kabinet

14 February 2018 | Regering
Namibië se staatshoof, pres. Hage Geingob, het Maandagaand bekend gemaak hy het sy kabinet ook op adjunkvlak gewysig en het 10 skuiwe aangekondig, waarvan twee nuwe aanstellings is.

Dit het dadelik in werking getree.

Die nuwe aanstellings is mnr. Veikko Nekundi, voormalige sekretaris van Swapo se jeugliga, en me. Bernadette Jagger, ‘n Swapo-MP. Eersgenoemde is nou die adjunkminister van staatsondernemings (SOE’s) en Jagger word mnr. Shifeta Pohamba se adjunk in die ministerie van die omgewing en toerisme.

Ander skuiwe aan die adjunkministerkorps is as volg:

Me. Christina //Hoebes vervang mnr. Peya Mushelenga (nou minister van stedelike en landelike ontwikkeling) by die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking. Sy was voorheen die adjunkminister in die kantoor van die eerste minister. Haar pos sal deur hoofman Samuel Ankama gevul word.

Mnr. Erastus Uutoni (nou minister van sport, jeug en nasionale diens) se pos by binnelandse sake en immigrasie word gevul deur me. Maureen Hinda, en Sylvia Makgone verskuif van stedelike en landelike ontwikkeling na die ministerie van visserye en mariene hulpbronne.

Mnr. Pieter van der Walt is die nuwe adjunkminister by die nasionale beplanningkommissie en die ministerie van ekonomiese beplanning in die presidensie. Mnr. Engel Nawatiseb (voorheen by die SOE-ministerie) skuif na inligting en kommunikasietegnologie terwyl me. Lucia Ipumbu in Van der Walt se ou pos by die ministerie van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling inval.

Mnr. Tommy Nambahu is nou die adjunkminister van arbeid, nywerheidsverhoudinge en werkskepping. Hy was voorheen by die ministerie van die omgewing en toerisme.

Die kabinetsverstellings is só gedoen dat nie een ministerie nou meer twee adjunkministers het nie.

Verder is die drie adjunkministers wat na die behoeftes na gemarginaliseerdes, mense met gestremdhede en die veterane omsien, na die presidensie verskuif om hulpbronne te bespaar.

Geingob het ook opgemerk dat 17 van die 28 adjunkministers nou vroue is.

Van die ministers en adjunkte is Dinsdag by Staatshuis deur hoofregter Peter Shivute ingehuldig.

Namibië se nuwe visepresident wat in die plek van dr. Nickey Iyambo aangestel is, mnr. Nangolo Mbumba, is Maandagmiddag in dié amp ingehuldig.

Soortgelyk

 

25 jaar, al het Zenobia berou

8 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - Met haar hande wringend op haar skoot het die 34-jarige Zenobia Seas Vrydag in hofsaal E in die hoërhof in Windhoek geluister...

Geingob dek neutrale tafel

8 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting – Prof. Nico Horn, ’n regsdosent en politieke onleder, sê hy is nie verras oor hoe die afgelope beraad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap...

Mans in Windhoek doodgesteek

8 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting Twee mans is in afsonderlike­ voorvalle die afgelope naweek in Windhoek met skerp voorwerpe dood­gesteek.Hiernaas is vier verdagtes op die toneel aangekeer toe...

Weer, Maandag 20 Augustus 2018

8 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide en sentrale gebiede. Elders sal dit sonnig en baie warm wees. Winderige toestande sal oor die binneland heers.KUS:...

Jakkals kom sy luiperd teë

8 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Besoekers aan die Kgalagadi-oorgrenspark het onlangs die skaars voorreg gehad om te sien hoe ‘n luiperd ‘n jakkals vang en in ‘n...

NBC-werkers is steeds woedend

8 ure gelede | Arbeid

Augetto Graig Protes deur ongelukkige werknemers by Namibië se nasionale uitsaaier (NBC) duur voort.Dié groep het Donderdag weer eens voor die uitsaaier se hoofkantoorhek betoog....

Wêreld gaan Kofi mis

8 ure gelede | Mense

Denver Kisting – Pres. Hage Geingob sê die ontslape voormalige sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies (VN), mnr. Kofi Annan, het die Afrika-vasteland én die mensdom...

Leiers faal die mense

8 ure gelede | Plaaslik

Catherine Sasman – Die Namibiese burgerlike organisasie-aktivis mnr. Uhuru Dempers sê die Suider-Afrikaanse leiers moet “wakker skrik” en die harde werklikhede van neerdrukkende armoede en...

Kajuitberaad by SADC

8 ure gelede | Plaaslik

Kajuitberaad by SADC