Só maak jy met woestynolifante

Tanja Bause
Tanja Bause - Die organisasie Elephant Human Relations Aid (EHRA) het veiligheidswenke met die publiek gedeel wat in die Ugabrivier en -omgewing toer of woon, en met woestynolifante in aanraking kom.

Besoekers en inwoners word versoek om nie met vrugte en veral sitrus­vrugte in hul voertuie rond te ry nie.

Volgens EHRA kan olifante die vrugte van ver af ruik.

Omdat die olifante al voorheen deur mense gevoer is, sal hulle tot by voertuie beweeg op soek na kos - wat baie gevaarlik vir insittendes is.

Indien die olifante te naby aan 'n voertuig kom, moet die insittendes hande klap en in 'n kalm stemtoon met die diere praat.

“Wees rustig en praat in 'n kalm, normale stemtoon sodat die olifante­ besef daar is mense in die voertuig. Hulle sal self aanbeweeg. Moet nooit histeries raak of skree nie, dit kan die olifante paniekerig maak en hulle kan dan aggressief raak,” sê me. Rachel Harris van EHRA.

Sy waarsku mense om te alle tye in hul voertuie te bly en stil te bly.

“Bly altyd windaf en ten minste 100 meter van die olifante af. Sodra die diere senuweeagtig begin lyk of hul koppe begin skud, ry weg en los hulle uit.”

Selfone, voertuigradio's en ander elektroniese geluide moet afgeskakel word.

Besoekers moet by kampeerplekke oornag wat die plaaslike gemeenskappe,­ wat hul omgewing met die olifante deel, ondersteun.

“Dit is baie belangrik dat mense nie die olifante volg wanneer die diere aanbeweeg nie. Moenie snags rondloop of -ry nie en moet nooit 'n olifant voer nie.”

Volgens Harris het 'n inwoner van een van die plaaslike gemeenskappe wat in die Ugabrivier se omgewing bly, vertel sy onthou uit haar kinderjare saam met die olifante dat hulle altyd hande geklap het en in 'n gewone stemtoon met die diere gepraat het.

“Die olifante het nooit aggressief geraak nie en aanbeweeg.”

Harris het vertel van haar eie ervaring met Voortrekker, 'n groot olifantbul wat in die middel van EHRA se kamp vir byna vier ure gestaan en vreet het.

“Ons wou begin werk en het toe ons hande geklap en met hom gepraat. Hy het onmiddellik omgedraai en weggeloop.”

Die belangrikste ding is om kalm te bly en nie te skree nie, sê Harris.

Moet ook nooit 'n olifant met klippe gooi nie.

“Dit is belangrik dat mense onthou hul optrede teenoor die olifante bepaal ook die diere se gedrag teenoor die volgende mense wat hulle teëkom.

“Wanneer hulle dan 'n voertuig vol toeriste teëkom en die voertuig is te na aan hulle, of die mense maak hulle kwaad, gaan die olifante kwaad wees wanneer hulle na die volgende nedersetting stap.

“Dit plaas dié mense in onnodige gevaar.

“Toeriste moet altyd onthou dié gemeenskappe woon in tradisionele kleihutte en daar is skole in die omgewing,” sê Harris.

Inwoners van die omgewing word versoek om snags 'n vuur buite hul hutte te laat brand sodat die olifante weet daar is mense.

Hulle moet ook nie water of gras in hul hutte hou nie, maar eerder buite, omdat die olifante dit kan ruik.

“'n Boer van die omgewing het vertel hy brand saans bokkiemis. Die reuk daarvan domineer die reuk van die water en gras wat in sy huis is,” sê sy.

Inwoners word voorts aangemoedig om eerder by vriende oor te slaap wanneer hulle gaan kuier as om in die donker terug te loop huis toe.

“Olifante beweeg baie stil en saggies en mens sal hulle nie in die donker sien nie. Kom mens en olifant so op mekaar af en albei skrik, kan dit erge nagevolge hê!”

Harris beklemtoon olifante is vreedsame diere, maar as mense aggressief teenoor hulle optree en hulle bang maak, sal hulle ook selfverdedigend en aggressief optree.

EHRA gaan 'n gratis opleidingseminaar vir inwoners van die omgewing aanbied.

Dit vind op 17 Maart plaas. Skakel (064) 402 501 vir meer besonderhede.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.26/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 858.10/T UP 1.83% | Brent Crude Oil US$ 87.62/BBP DOWN -0.0043 | Platinum US$ 907.66/OZ UP +0.61% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.26/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 858.10/T UP 1.83% | Brent Crude Oil US$ 87.62/BBP DOWN -0.0043 | Platinum US$ 907.66/OZ UP +0.61%