Só lyk kortlys van Doek Literary Awards

Yandi Du Plessis
Die kortlys van plaaslike kunstenaars wat in aanmerking kom vir vanjaar se Bank Windhoek Doek Literary Awards, wat vanjaar vir die eerste keer aangebied word, is onlangs aangekondig.

Die 12 kandidate op die kortlys en die finale wenners word aan unieke geleenthede binne hul skeppingsvelde blootgestel.

Die doel van die toekennings is om die gekose werke, skrywers, digters en visuele kunstenaars aan ’n wyer Namibiese en internasionale gehoor bloot te stel.

Dié toekenningsgeleentheid word voortaan elke twee jaar aangebied en gee erkenning aan Namibiese skrywers wie se werk in Doek! Literary Magazine, die land se eerste en enigste literêre tydskrif, gepubliseer is. Dit vier die werke van vier Namibiërs – een fiksieskrywer, ’n niefiksieskrywer, ’n digter en ’n visuele kunstenaar.

“Die kortlys plaas die kollig op werke met temas wat die komplekse werklikhede van die Namibiese lewe uitbeeld. Dit beskik ook oor universele verbindingselemente wat lesers in Afrika en die wêreld kan waardeer,” het Rémy Ngamije, die Doek!-stigter, gesê.

Die finaliste is soos volg:

FIKSIE

• Filemon Iiyambo is ’n Namibiese skrywer en voormalige rubriekskrywer vir die Namibian Sun. Hy het ook sosiale kommentaar-rubrieke vir die dagblad New Era geskryf. Hy is ’n gekwalifiseerde geoloog en deesdae ’n onderwyser.

• Dalene Kooper is ’n plaaslike skrywer en ’n mediastudent by die Universiteit van Namibië (Unam).

• Ndawedwa Denga Hanghuwo is ’n Namibiese skrywer en ’n student by die Namibië Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie (Nust), waar hy tans ’n graad in Engelse letterkunde voltooi.

NIEFIKSIE

• Frowin Becker is ’n Namibiese PhD-kandidaat aan die Victoria Universiteit van Wellington in Nieu-Seeland.

• Ndakolute Ndilula is ’n plaaslike platejoggie en musiekvervaardiger wat bekend is vir sy vermenging van sy hip-hop, house-musiek, Afrobeat en elektroniese genres. Hy is ’n graduant van die Academy of Sound Engineering en bied ’n unieke benadering tot die land se musiekkultuur.

• Natasha Uys is ’n joernalis en redakteur van Windhoek. Sy studeer tans mediabestuur deur die Sol Plaatje-instituut aan die Rhodes-universiteit.

POËSIE

• Ros Limbo is ’n Namibiese skrywer en joga-entoesias. Sy het ’n BCom-graad in Rekeningkunde aan die Rhodes-Universiteit, en ’n sertifikaat in Afrika-Feministiese en -Genderstudies van die Thabo Mbeki African Leadership Institute.

• Pauline Buhle Ndhlovu is ’n Zimbabwies gebore Namibiese kurator en skrywer wie se werk die temas van land, geheue, genesing, tyd en veroudering ondersoek. Sy is aangetrokke tot visuele antropologie as ’n vorm van herinnering. Sy het ’n graad in antropologie en werk in die kultuur- en ontwikkelingsektor.

• Alacia Armstrong is ’n Namibiese digter wat tans in Kaapstad woon. Sy het langs die Hentiesbaai-kus begin skryf. Sy is ’n projekbestuurder wat mediese navorsingspanne aan die Universiteit van Kaapstad ondersteun.

VISUELE KUNS

• Namafu Amutse is ’n filmmaker, fotograaf, kunsregisseur en skrywer van Swakopmund. Sy voltooi tans ’n BEd-honneursgraad in Engels en Duits aan Unam.

• Katherine Hunter is ’n Namibiese illustreerder, grafiese ontwerper en danser. Sy is geïnteresseerd in strokiesprentillustrasie en fantasiefiksie. Sy het haar graad in visuele kommunikasie-ontwerp aan die Stellenbosch Academy of Design and Photography verwerf, en haar honneursgraad in illustrasie en haar meestersgraad in kunsopvoeding aan die Stellenbosch Universiteit. Sy werk as ’n grafiese ontwerper en skrywer by HouseFinder Magazine.

• Immanuel Natangwe Hafeni is ’n selfgeleerde kunstenaar wat in Windhoek gebore is. Deur sy werk verken hy verskillende kunsvorme soos kultuur, ontwerp, estetika, argitektuur, collage, fotografie en kinematografie.

Die toekenningseremonie van die Bank Windhoek Doek Literary Awards sal in November plaasvind.

FOTO’s VERSKAF
Alacia Armstrong
Dalene Kooper
Filemon Iiyambo
Frowin Becker
Katherine Hunter
Namafu Amutse
Nathaniel Hafeni Immanuel
Ndakolute Ndilula
Ndawedwa Denga Hanguwo
Pauline Buhle Ndhlovu
Ros Limbo

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!