Só lyk die toekoms van sokker

Sokker
Dit was byna grafstil, met nie ’n toeskouer in sig nie, maar Europese sokker het Saterdag sy eerste toets tydens die Covid-19-pandemie geslaag toe die Duitse Bundesliga hervat is.
Suid-Korea se K-liga het verlede naweek al hervat, terwyl sommige lande soos Belarus en Nicaragua die afgelope tien weke hulle nie te veel aan die Covid-19-pandemie gesteur het nie.
Maar die eerste skote in een van Europa se belangrikste ligas het Saterdag geklap toe die eerste reeks wedstryde ná die seisoen in Maart weens die koronavirus-krisis opgeskort is, in die Bundesliga gespeel is.
Die sokkerballe is gereeld ontsmet, die baljoggies en ander beamptes het gereeld hul hande ontsmet en jy kon die stemme van die afrigters, spelers en plaasvervangers myle ver hoor.
Wanneer ’n span ’n doel aangeteken het, is dit meestal met ’n glimlag of ’n duim omhoog gevier.
Soms het van die spelers en van die plaasvervangers, wat gesigmaskers gedra het, mekaar met ’n elmboog-stamp gelukgewens.
Slegs Hertha Berlin se spelers het klaarblyklik daarvan vergeet om ’n afstand tussen mekaar te handhaaf, want ná elkeen van die span se drie doele teen Hoffenheim, is daar op die “ou manier” feesgevier.
In Leipzig het die plaasvervangers op ’n verskuifbare vliegtuigtrap gesit om hulle van mekaar te skei.
Die eerste doel van die hervatte reeks is deur die 19-jarige Noorweër Erling Haaland vir Dortmund teen FC Schalke 04 aangeteken.
“Ek sou dit verkies het as dinge normaal was,” het Junmian Brandt, middelveldspeler van Dortmund, agterna gesê.
“Ons moet aanpas en probeer om dit te geniet ondanks die omstandighede. Ons het baie goed gespeel en daar is nie ’n beter manier om die liga met ’n sege (4-0) te hervat nie.”
Toe Schalke vir Timo Becker as sy vyfde plaasvervanger in die 87ste minuut opgestuur het om Jonjoe Kenny te vervang, is nog ’n stukkie sokkergeskiedenis geskryf.
Fifa, die wêreldbeheerliggaam van sokker, het onlangs eers die jawoord gegee dat vyf plaasvervangers voortaan gebruik mag word.
Dít word gedoen omdat daar gevrees word dat spelers beseer kan raak omdat hulle in die komende weke ’n groot werklas gaan hê om agterstallige wedstryde ingepas te kry.
Die ondersteuners het ook gehoor gegee aan die opdrag om nie die wedstryde by te woon nie.
Dié maatreël het dit onder meer moontlik gemaak dat die Bundesliga, vanweë kontraktuele verpligtinge, teen 30 Junie afgehandel sal wees. – Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!