Su00f3 lyk Apple se wins op die iPhone X
Su00f3 lyk Apple se wins op die iPhone X

Só lyk Apple se wins op die iPhone X

Die onderdele van Apple se nuwe iPhone X kos US$115 méér as die binnegoed van die iPhone 8 as gevolg van die nuwe skerm en ­gesigsherkenningskandeerder.

Die navorsingsfirma IHS Markit bereken dat die onderdele vir die X-model met 64 GB geheue US$370,25 beloop. Dit is net die koste van die onderdele en nie van die navorsing en ontwikkeling, vervaardiging en sagteware nie.

Die iPhone 8 se onderdele kos US$255,16, raam IHS.

Die iPhone X het 'n omhulsel van vlekvrye staal, 'n 3D-gesigherkenningstelsel en 'n oled-skerm van 5,8 duim (14,5 cm), alles onderdele wat die iPhone 8 nie het nie. Dit jaag die koste van die maatskappy se tienjaar-herdenkingsfoon op.

Die oled-skerm op sy eie kos US$110 per foon, vergeleke met die US$52,50 wat die iPhone 8 Plus se skerm van 5,5 duim (13,75 cm) kos.

Oled staan vir ­organiese liguit­stralingsdiode.

Die skerms word eksklusief deur Samsung Electronics aan Apple verskaf.

Die Suid-Koreaanse firma gebruik oled-skerms in sy eie Galaxy S8-foon, wat dieselfde grootte skerm as die iPhone X het, maar met 'n hoër ­resolusie. Samsung se mobiele afdeling koop die skerms teen US$85 elk.

“Apple betaal beslis 'n premie vir oled-tegnologie,” sê Wayne Lam, 'n ontleder by IHS. “Apple het nog net een moontlike verskaffer en Samsung kan sy eie prys voorskryf.”



iPhone x-onderdele

Ander verskaffers van iPhone X-onderdele is Toshiba, Skyworks Solutions, Texas Instruments, Broadcom, Qualcomm, Intel en NXP Semiconductors, volgens 'n ontleding verlede week deur iFixit.

Lam verwag dat die X en die 8 omtrent dieselfde hoeveelheid wins vir Apple sal maak. Die onderdele verteenwoordig ongeveer 37% van die verkoopprys. Die iPhone 8 kos US$699 terwyl die X US$999 kos.

Apple se finale brute winsgrens is laer omdat ander koste ook nog verhaal moet word.

Apple wou nie kommentaar lewer op die ontleding nie, maar Tim Cook, uitvoerende hoof, het al in 2015 gesê hy het nog nooit 'n ontleding gesien wat “selfs naastenby akkuraat” is nie.

Face ID, 'n True Depth Camera-stelsel met modules soos 'n ­infrarooi kamera en 'n sensor wat kolletjies projekteer om 'n driedimensionele beeld van iemand se gesig te skep, kos nagenoeg US$16,70 per foon.

Dit is drie keer meer as die Touch ID-­sensor in die iPhone 8.

Die koste van vingerafdruksensors het wel gedaal sedert dit die eerste keer in 2013 in die iPhone 5S gebruik is. Dit beteken Face ID se koste sal ook mettertyd daal.

Die nuwe ontwerp van die X dra ook tot koste by. Die omhulsel kos ­nagenoeg US$10 méér as die US$51 van die iPhone 8 Plus se omhulsel, wat US$51 kos.

Laasgenoemde gebruik aluminium, terwyl die X 'n ingewikkelde raam van vlekvrye staal het.

– Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!