'Su00f3 kan almal opkomende boere help,' spog groep
'Su00f3 kan almal opkomende boere help,' spog groep

'Só kan almal opkomende boere help,' spog groep

Alet van der Walt - Die suksesverhaal van die ­Serlaff-koöperasie is 'n bewys van wat opkomende boere kan bereik as hulle die regte hulp en steun kry, sê die Sernick-groep in 'n mediaverklaring.

Die sukses van Serlaff kan as 'n maatstaf dien van wat beginnerboere en die landbougemeenskap saam kan bereik, meen dié groep.

Hulle glo hulle kan deur dié soort projekte gemeenskappe ophef en die persepsie van die landbou-omgewing sowel binnelands as buitelands stabiliseer te midde van die huidige politieke klimaat.

Nick Serfontein, voorsitter van die Sernick-groep, sê die Sernick-­Serlaff-vennootskap is in 2016 begin as deel van Sernick se program vir opkomende boere.

Die koöperasie is met 59 opkomende boere as lede gestig en die doel was om dié boere te help om toegang tot die mark te kry en hulle ook op te lei en te ontwikkel om ten volle kommersiële boere te word.

Serlaff het in die eerste jaar R25 miljoen by die Landbank geleen. Die lening is verhoog tot R50 miljoen, maar weens die droogte het Serlaff 'n verlies van R589 000 gely.

Die koöperasie het egter die lening aan die Landbank terugbetaal en in 2017 'n wins van R2,1 miljoen gemaak.

Die geld is volgens die mediaverklaring gebruik om speenkalwers te koop wat by Sernick se voerkrale buite Edenville in die Vrystaat gevoer word.

Die kalwers word vir 'n maand op natuurlike veld aangepas waar hulle steeds rantsoene kry om hulle gewoond te maak aan die voer wat hulle in die voerkraal gaan kry.

Ná die aanpassingsperiode word die kalwers in die voerkraal gesit waar hulle voluit gevoer word totdat hulle gereed is om geslag te word.



SUID-AFRIKA SE TOEKOMS

Sernick sê die maatskappy erken die belangrikheid van opkomende boere en sê dié boere is Suid-­Afrika se toekoms.

“Ons wil alles in ons vermoë doen om die boere te help om suksesvol te wees,” sê Serfontein.

Die Serlaff-koöperasie het ook vanjaar 42 dragtige koeie met hul kalwers, bekend as 'n drie-in-een, gekoop om die koöperasie se ­aanteelkudde 'n hupstoot te gee.

Die nuwe diere is sowat R1,4 miljoen werd en behoort jaarliks 'n wins van R500 000 vir die koöperasie te maak.

Serfontein sê die suksesverhaal is die model waarvolgens Sernick 'n lening by die nasionale tesourie se Jobs Fund gemaak het.

Ongeveer 300 ander opkomende boere sal danksy dié lening oor die volgende drie jaar by die projek baat vind.

Nog 660 opkomende boere sal ook oor 'n langer tydperk deur Sernick opgelei word om ten volle kommersiële boere te word.

Serfontein sê 'n lopende fonds is ook gestig om te verseker dat soveel moontlik boere gehelp word.

Sernick hoop om 1 400 werkgeleenthede oor die volgende drie jaar te skep, sê Serfontein.

Reuben Maphira, voorsitter van Serlaff, sê dit was 'n wonderlike ondervinding om te leer om beter boere te wees en dat hy hoop die boere wat deur die Jobs Fund gehelp word, dieselfde voordele sal geniet. 

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!