Sê jou sê voor grondkonferensie

Burgers aangemoedig om deel te neem

12 July 2018 | Landbou
Augetto Graig



Die ratte het begin knars in die aanloop tot die tweede nasio­nale grondkonferensie.

Die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-­Amadhila, het ­amptelik die streekskonsultasies aangekonding met betrekking tot dié konferensie wat in Oktober gehou word.

Die eerste hiervan, waar burgers die geleentheid sal hê om hul standpunte­ te stel en insette te gee oor die brandende grondkwessie wat betref toegang en eienaarskap, begin op 19 Julie.

Volgens die eerste minister word die konsultasies gedoen om groter betrokkenheid en inklusiwiteit te verseker met betrekking tot kwessies van grondhervorming en administrasie in Namibië.

Kuugongelwa-Amadhila het gesê die hoofdoel van die grondkonferensie is om vordering met besluite geneem gedurende die eerste grondkonferensie in 1991 te vergelyk. Destyds is 24 resolusies aangeneem en sluit onder meer in dat volle restitusie van voorvaderlike grondeise onmoontlik is; buitelanders nie eiendom in Namibië mag besit nie; ongebruikte kommersiële plaasgrond hertoegewys sal word; en grond afgevat sal word indien die eienaar nie daarop woon nie.

Die eerste minister se kantoor is die gasheer vir die konferensie wat in Windhoek gehou sal word.

Kuugongelwa-Amadhila het gesê by die geleentheid sal ondersoek gedoen word na hoe om die resolusies vinniger toe te pas en ander grondkwessies wat intussen opgeduik het.

Tans word die grondkonferensie gereël deur 'n hoëvlak-komitee van 32 lede gewerf uit regeringsbeamptes, boereverenigings, vakbonde, akademici, nie-regeringsorganisasies, tradisionele owerhede, kerke, bewaringsorganisasies, gemeenskapsleiers, jeugorganisasies en politieke partye.

“Ek versoek die nasie om die grondkonferensie as 'n belangrike platform te beskou vir die progressiewe en objektiewe gesprek gemik op vriend­skaplike en lewensvatbare oplossings vir die grondkwessie in ons land,” het die eerste minister gesê. “Ek moedig ook alle belanghebbers aan om deel te neem aan die streekskonsultasies en insette te lewer.”

Die eerste van die konsultasies is van 19 tot 21 Julie in Windhoek, en op 12 en 20 Julie in Keetmanshoop, Swakopmund, Omuthiya, Eenhana, Rundu en Opuwo. Gobabis, Mariental, Otjiwarongo, Oshakati, Outapi, Nkurenkuru en Katima Mulilo is op 26 en 27 Julie aan die beurt.

Verslae van hierdie konsultasies sal as hulpbronne gebruik word gedurende die grondkonferensie.

Vir meer inligting oor presies waar die konsultasies plaasvind, moet ­belanghebbers die kantoor van die permanente sekretaris van grondhervorming of hul hoofstreekbeampte kontak.

Volgens mnr. Clement Mafwila, hoofbeampte van die Khomasstreek, is die meeste uitnodigings aan deelnemers in Khomas reeds gestuur en die konsultasies sal die Kavambo Nujoma-­saal van die streek se hoofkantoor plaasvind. Weens die perseel se beperkte ruimte is net 300 mense genooi. Hy het gesê as enige iemand anders ook die geleentheid wil bywoon, kan die persoon by sy kantoor navraag doen.

Soortgelyk

 

Air Namibia vra nóg miljarde

5 ure gelede | Vervoer

Catherine Sasman - Air Namibia se topbestuur sê dit sal tussen N$2,5 en N$3 miljard kos om winsgewend en selfstandiger te word.By ‘n voorlegging aan...

175 ton op 136 wiele

5 ure gelede | Energie

Twee vragmotors het gister met ’n NamPower-transformator van 175 ton daarop deur die hoofstad gery.Die vrag word deur vier voertuie begelei en is op pad...

'Elke dag is die beste van my lewe'

5 ure gelede | Mense

Tanja Bause - Sowat 18 jaar gelede het mnr. George Groenewald se lewe ná ’n motorongeluk handomkeer verander. Ná die ongeluk is hy meegedeel dat...

Weer vir 20 September 2018

5 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Suide met enkele buie in die verre Suide. Elders sal dit baie warm wees, maar bloedig warm in...

Swakopmunder skuldig aan seksdade

5 ure gelede | Howe

Denver Kisting – ’n 42-jarige man van Swakopmund is die afgelope week op vyf klagte van kinderhandel en vyf alternatiewe klagte van onwelvoeglike dade met...

Prins William kom kuier

5 ure gelede | Gebeure

Francoise Steynberg - Prins William gaan Maandag vir die eerste keer amptelik in Namibië kom kuier ná sy rooikop broer, Harry, die land al 'n...

Interpol-bal aan die rol vir Rooies

5 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) en Interpol span tans kragte saam om ’n oudlanddros terug in Namibië te kry.Adj.komm. Immanuel Sam, Namibië se plaaslike...

‘Goue gonsers’ verower die kus

5 ure gelede | Kuns en vermaak

Leandrea Louw - Walvisbaai Privaat Hoërskool (WBPHS) was vanjaar die gasheer vir die derde, jaarlikse Nictus Napso Kuns- en Kultuurfees. Dit was inderdaad ’n fees...

NSFAF vorder skuld liewer self in

5 ure gelede | Onderwys

Augetto Graig - Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) het op 14 September ’n ooreenkoms beëindig wat hulle met Tribesmen en die Suid-Afrikaanse New...