Su00f3 is SME Bank geplunder
Su00f3 is SME Bank geplunder

Só is SME Bank geplunder

Die toesmeerdery, geknoeiery met boeke en hoe die kaarthuis ineengetuimel het, is vandeesweek in die hof uiteengesit.
Catherine Sasman
font face="Verdana" >



Catherine Sasman - Die SME Bank-saak lees soos 'n stap-vir-stap gids vir 'n bankroof.

Só het adv. Raymond Heathcote, wat namens die likwidateurs mnre. David Bruni en Ian McLaren opgetree het, vandeesweek in die hof gesê.

Hofdokumente het die modus operandi uiteengesit van die betrokkenes by die wederregtelike toeëiening van N$247 miljoen (of N$347 miljoen as 20% jaarlikse rente ingereken word) gebaseer op die papierspoor wat die Zimbabwiese bedrieërs agtergelaat het.

In 'n neutedop, sê die SME Bank se regsadviseur, me. Tania Pearson, wat die likwidateurs help om die gesteelde miljoene op te spoor en getuienis in die hof gelewer het, is ’n ingewikkelde rookskerm ontwerp om die onwettige oordrag van geld weg te steek.

Sy het gesê die bedrieërs het in hul interne rekords valse name van ontvangers van bedrae en redes vir betaling verskaf, wat die transaksies eg laat lyk het.

Volgens haar is bedrae inderwaarheid aan rekeninge van verskeie ander entiteite oorgedra.

"As gevolg hiervan stem die besonderhede op SME Bank se state (hoewel vals) ooreen met hul interne, maar valse rekords, al het die wederregtelik toegeëiende fondse in die rekening van 'n heeltemal ander persoon of entiteit beland, wat by die wederregtelike toe-eiening betrokke is," het Pearson gesê.

Feitlik al die bedrieglike transaksies is in die bank se finansiële afdeling versin, waarvan die personeel uitsluitlik uit Zimbabwiese burgers bestaan het, of in die uitvoerende hoof, Tawanda Mumvuma, ook ’n Zimbabwiër, se kantoor.

Die voormalige finansiële bestuurder, Joseph Banda, en sy Zimbabwiese assistant, Chiedza Goromonzi, het ook goedkeuringsmagte in die tesouriekantoor gehad, glo om in te staan vir personeel wat met verlof is.

Pearson het uitgewys die streng skeiding van die finansiële afdeling en die tesouriekantoor se pligte is in die wêreldbanksektor ingestel ná die val van 'n groot Europese bank in die 1990's.

Dit is gedoen om bedrog by banke te voorkom of ten minste die moontlikheid daarvan te verminder en is in die Basel-verdrag vervat, waartoe die Namibiese banksektor toegetree het.



'TOESMEERDERY'

Onder die “toesmeerdery” in Pearson se beëdigde verklaring is skyntransaksies met Mamepe Capital en ’n model van Benoni, Kalandra Viljoen, se Asset Movement and Financial Services (AMFS).

Tydens die ondersoek is bevind Mauwane Kotane se Mamepe Capital het inderwaarheid slegs N$30 miljoen van die SME Bank se geld ontvang, terwyl aanvanklik beweer is Mamepe Nominees ('n entiteit wat nie bestaan nie) het N$150 miljoen vir belegging ontvang en het dit glo in die berugte VBS Mutual Bank in Suid-Afrika belê.

AMFS

AMFS, 'n kontantoordrag-onderneming, het N$78,9 miljoen van die gesteelde SME Bank-geld ontvang.

AMFS het op 13 Julie 2016 'n diensooreenkoms met die “meesterbrein” van die diefstal, Enock Kamushinda se maatskappy Crown Finance Corporation, aangegaan.

Dié ooreenkoms is deur die SME Bank se uitvoerende hoof, Mumvuma, onderteken.

Hoewel Viljoen nie die ooreenkoms onderteken het nie, is die SME Bank-miljoene steeds aan AMFS oorgedra, waarvan AMFS N$64 miljoen in harde kontant by ’n sekere George Markides afgelewer het, wat die kontant weer by verskeie ander ontvangers “afgelewer” het.

Kamushinda se maatskappye Crown Finance Corporation en Heritage Investments het direkte elektroniese oorplasings van N$2,8 miljoen en N$2,27 miljoen elk van AMFS ontvang.

Al hierdie betalings is glo vanuit Mumvuma se kantoor gedoen en intern as “beleggings Mamepe Capital Asset Managers” aangedui.

Mamepe

Al het Mamepe Capital eers op 7 April 2015 op die toneel verskyn, kan vroeëre bedrieglike transaksies met hulle verbind word, wat as “beleggings” aangeteken is – nie in Mamepe Capital nie, maar in 'n entiteit wat nie bestaan nie, genaamd “Mamepe Capital Asset Managers”.

Dié bedrieglike transaksies is eers as boukostes, rekenaartoerusting, sagteware, vragkostes, bemarkingskonsultantkostes, fooie vir professionele dienste en sekuriteitsuitgawes aangeteken.

Op 18 Julie 2016 het Mumvuma glo 'n aansoek om 'n belegging namens die SME Bank in VBS Mutual Bank in Suid-Afrika voltooi, wat ook van N$1,8 miljard beroof is.

Volgens ondersoeke is slegs N$10 miljoen van die SME Bank se geld na VBS Bank oorgeplaas, en nie N$150 miljoen soos beweer is nie.

Tog het Mumvuma, Banda en Kotane 'n spoor van vals dokumente agtergelaat, wat aandui N$150 miljoen is namens SME Bank deur Mamepe Capital Asset Managers in VBS "belê".

SKRIF AAN DIE MUUR

Ondanks talle navrae en versoeke om verklarings en inligting van die eksterne debiteure, BDO Namibia, oor die sogenaamde beleggings, is sake in September 2016 op die spits gedryf toe die Bank of Namibia (BoN) begin vrae vra het ná SME Bank N$140 miljoen verskuldig aan NamWater nie kon betaal nie.

Die BoN het ook SME Bank se likwiede bate-verhouding bevraagteken, wat onder die 10%-limiet was.

Die BoN het toe gewaarsku 'n ondersoek van SME Bank is op hande, wat hoofsaaklik op sy likwiditeits-risikobestuur sal fokus.

Mumvuma het toe ’n skriftelike versoek aan VBS gerig om N$37 miljoen aan SME Bank oor te dra.

VBS het nie aan hierdie versoek voldoen nie.

Mumvuma, Kotane en VBS Bank se uitvoerende hoof, Andile Ramaphunga, het onder toenemende druk 'n plan bedink waarvolgens JM Busha Asset Managers se besturende direkteur gevra is om N$60 miljoen aan SME Bank oor te dra.

Dié N$60 miljoen is toe in SME Bank se rekening by VBS Bank oorgeplaas.

VBS het ook verskeie bedrae aan verskeie entiteite en instellings oorgedra.

Hierdie oordragte het N$37 miljoen aan SME Bank ingesluit, asook N$10 miljoen aan Peregrine Equities (Pty) en N$20 miljoen aan Mamepe Capital, wat dit weer aan SME Bank as 'n uitkeerbare belegging oorgedra het.

Hierdie transaskies, het volgens Pearson geen effek gehad nie, maar verdere aanspreeklikheid vir SME Bank tot gevolg gehad.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!