Su00f3 het Facebook vir Trump 'gehelp'
Su00f3 het Facebook vir Trump 'gehelp'

Só het Facebook vir Trump 'gehelp'

Die sosiale media platform, Face­book, is in die sop ­omdat dit glo onwetend deur die Trump verkiesingsveldtog misbruik is.
Facebook trap klei nadat dit aan die lig gekom het 'n omstrede konsultasiemaatskappy wat onregstreeks vir pres. Donald Trump van Amerika se verkiesingsveldtog gewerk het, het toegang tot minstens 50 miljoen gebruikers se profiele en data verkry.

Cambridge Analytica, wat geensins met die bekende Britse universiteit verband hou nie, het volgens onthullende verslae in The Observer, The Guardian en The New York Times die data van die miljoene gebruikers gebruik om kragtige programmatuur te skep waardeur mense se opinie van die presidentskandidate in die Amerikaanse verkiesing van 2016 beïnvloed is.

Sowel die konsultasiemaatskappy as die sosialemediaplatform het ontken dat hulle iets verkeerd gedoen het, maar Facebook het Cambridge Analytica wel Vrydag weens toenemende druk en tekens van gemene spel die platform verbied.



Inligting 'regmatig' bekom

Volgens Facebook het Cambridge Analytica die data van die 50 miljoen gebruikers op 'n “regmatige” wyse bekom, maar hulle het dié data daarna, en in teenstelling met Facebook se reëls en regulasies, aan derde partye gegee wat die programmatuur ontwikkel het.

In 'n verklaring skryf Facebook dat 'n dosent in sielkunde aan die Cambridge-universiteit, dr. Aleksandr Kogan, in 2015 'n app geskep het genaamd “thisisyourdigitallife”, wat gebruikers gevra het om 'n persoonlikheidsvasvra in te vul, oënskynlik om te help met “sielkundige navorsing”. Duisende mense het die app afgelaai en waarskynlik onwetend vir Kogan toestemming gegee om hul inligting te versamel. Party bronne beweer die app het al so vroeg as 2013 begin om gebruikers se inligting te ­versamel, maar Facebook gee 2015 as die datum weer.

“Hoewel Kogan op 'n regmatige wyse toegang tot gebruikers se data verkry het deur die regte kanale te volg wat alle skeppers van apps op Facebook toe moes volg, het hy nie daarna by ons reëls gehou nie,” sê Facebook.

Daar word nou beweer dat Kogan dié inligting ingesamel en dadelik aan Cambridge Analytica verkoop het.



Fluitjieblaser verklap alles

“Ons het Facebook uitgebuit,” het Christopher Wylie, 'n jong fluitjieblaser wat tot onlangs vir die konsultasie­maatskappy gewerk het, aan The Guardian verklap.

“Ons het (met die inligting) modelle gebou waarmee ons gebruikers se diepste vrese uitgebuit het. Dit was die grondslag waarop die hele maat­skappy gebou is,” sê Wylie.

Destyds het Facebook nog apps ­toegelaat om nie net gebruikers se inligting te versamel nie, maar ook “beperkte inligting oor hul vriende”.

Hoewel die maatskappy sê dis nie vandag meer moontlik nie, meen ­reguleerders dis waarskynlik hoe Kogan en Cambridge Analytica daarin kon slaag om 50 miljoen gebruikers se data in so 'n kort tydjie in te win.

Cambridge Analytica het reeds drie jaar gelede aan Facebook die versekering gegee dat “alle ­relevante opgawes” in Desember 2015 uit­gewis is, maande voor die verkiesing in ­November 2016.

Maar Facebook sê in hul jongste verklaring die maatskappy het gejok. “Ons het berigte ontvang dat alle data nie uitgewis is nie, in teenstelling met die versekering wat aan ons gegee is,” sê Facebook.

Die feit dat Kogan toegang verkry het tot soveel gebruikers se inligting, beteken wel nie dat die platform ­binnegedring is deur 'n kuberkraker nie, het Facebook beklemtoon.

“Mense het wetend hul inligting verskaf. Geen stelsel is binne­gedring nie en geen wagwoord of sensitiewe stukkie inligting is gesteel of gekraak nie.”

Die maatskappy moet egter nou bontstaan en verduidelik of een van hul jare lange werknemers, Joseph Chancellor, geweet het dat nóg Kogan nóg Cambridge Analytica die data ­uitgewis het.

Chancellor is sedert 2015 'n ­navorser in sosiale sielkunde vir ­Facebook. Voor dit was hy mededirekteur van Global Science Research, die maat­skappy waardeur Kogan die app ­ontwikkel het wat die inligting ­ingesamel en uiteindelik aan Cambridge ­Analytica verkoop het.

Volgens Bloomberg word ­Chancellor se rol in die hele debakel ondersoek, hoewel hy nog nie afgedank is nie.



met kiesers se kop gesmokkel

Inligting wat deur The ­Observer bekom is, wys dat Trump se ­voorsitter van sy verkiesingsveldtog, Steve Bannon, 'n belegging van US$15 miljoen van Robert Mercer, 'n ryk ­Republikein, ontvang het om 'n sogenaamde “mindf**k tool” te skep om met Amerikaanse kiesers se kop te smokkel. Daar word deur Wylie beweer dat wat hulle by Cambridge Analytica gedoen het, die ­resultaat was.

Bannon en Trump se paadjies het intussen geskei.

Intussen het talle Amerikaanse regslui en politici hul kommer uitgespreek oor die moontlike impak wat die sogenaamde “datalek” op die verkiesing kon gehad het.

“Ons gaan meer hieroor leer in komende dae, maar ja, ek is ontsteld,” het die Republikeinse senator Marco Rubio aan NBC se Meet the Press gesê.

Op 'n vraag of maatskappye soos ­Facebook steeds vertrou kan word ná die onlangse vertrouensbreuk met Cambridge Analytica, het senator Rand Paul aan CNN gesê: “Dit moet beslis ondersoek word of die wet oortree is of nie. Die privaatheid van die Amerikaanse gebruiker, die Amerikaanse individu, moet beskerm word.”

Buiten vir die verkiesing van Trump word daar ook gegis dat Cambridge Analytica betrokke was by die Britse stemming om Brexit in Junie 2016.

Elizabeth Denham, Brittanje se kommissaris van inligting, het reeds bevestig dat 'n ondersoek begin is na die omstandighede waarin Facebook dalk inligting op 'n onwettige manier verkry het. - Netwerk24/Bronne: The New York Times, BBC, The Guardian, Bloomberg, CNN, Reuters, The Observer

Kommentaar

Republikein 2024-04-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.9 | EUR to NAD 20.55 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.22 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.21 | USD to ZMW 26.13 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 315.18/OZ DOWN -0.0035 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.78% | Zinc US$ 2 811.00/T DOWN -0.09% | Brent Crude Oil US$ 87.93/BBP DOWN -0.0046 | Platinum US$ 901.43/OZ DOWN -0.0093 Sport results: Premier League: Arsenal 5 vs 0 Chelsea | Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce European Championships Qualifying: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United English Championship: Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday Weather: Katima Mulilo: 14° | 35° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 16° | 36° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:35, High tide: 03:35, Low Tide: 21:39, High tide: 15:58 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:33, Low Tide: 21:37, High tide: 15:56 Walvis Bay: 15° | 24° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:33, High tide: 03:32, Low Tide: 21:37, High tide: 15:55 Rehoboth: 15° | 32° Mariental: 19° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 19° | 33° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 14° | 27° Mbabane: 14° | 24° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 24° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 30° Cape Town: 16° | 20° Durban: 20° | 23° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 24° | 26° Lusaka: 17° | 29° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.9 | EUR to NAD 20.55 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.22 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.32 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.83 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1251.05 | USD to ZAR 19.21 | USD to ZMW 26.13 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 315.18/OZ DOWN -0.0035 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.78% | Zinc US$ 2 811.00/T DOWN -0.09% | Brent Crude Oil US$ 87.93/BBP DOWN -0.0046 | Platinum US$ 901.43/OZ DOWN -0.0093