Só brand dit in Etosha
Een van die twee veldbrande wat tans in Etosha woed, het ontstaan weens ‘n vonk van ‘n padskraper wat besig was om ‘n brandpad aan die oostekant van die wildtuin te skraap.
Mnr. Romeo Muyunda, woordvoerder van die ministerie, sê die ander brand, op die suidelike grens van Etosha, het van ‘n naburige plaas versprei. Dié brand woed in ‘n area wat die ministerie reeds as ‘n voorkomingsmaatreël gebrand het en hou nie ‘n groot bedreiging in nie, aldus Muyunda.
Die ministerie se span veg onverpoos om die brand aan die oostelike gedeelte van die park te blus, sê hy.
Foto’s: Wilfried Hähner

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie