Só bid elke ouerhart
Elvira Hattingh
Ek verstaan eindelik, ma en pa. ’n Ouerhart bid altyd. Onverpoos.
Sy wil kites vlieg en met bospaadjies agterop die bakkie gaan ry. Nee, sy kan nie stilstaan nie, want sy huppel-huppel, haar brakkie agterna. Nevermind die goeters op die grocery-rak, daar gaat hulle!
Voetjies soos ’n ribbok, sê Hy. Voetjies wat haar op hoë plekke laat staan. Veilig, asseblief, net véilig, bid die ouerhart, wat wéét sy moet haar vlerke sprei, hulle moet oefen, sodat dit eendag sterk kan vlieg.
‘n Bekkige bekkie wat brabbel en bohaai, hokaai nou, hokaai hier en daar, wilde klein rivierstroom!
Dis onbeskryflik, wat dit aan ’n ouerhart doen: Die klein handjies, nog met die baba-dimpeltjies op elke vingerlid, wat saamvou om te bid, “Liewe Jesus, ek is ‘n kindjie klein...”
Jy bid sáám: Vir bewaring, vir Sy engele op haar pad. Hy hoor jou, sou iemand jou kind skade berokken, sal selfs die duiwel vir jou sidder. Hy hoor jou ook – verpletter as sy enigiets moes oorkom.
Dit net vóór slapenstyd. Daaroor dig niemand mooier as DF Malherbe nie: “Sag op haar bloue oë daal die vaak soos maneskyn diep waterkuile raak . . .”
Jy’s nóg ’n dogtertjie, nóg ’n baba as jy half vier die oggend by ons in die bed kom inkruip. Sproeitjies fyntjies gesaai oor haar engelgesiggie slaap sy – ongeag die dag se raas, manewales, trane en vreugdes.
Stóut? Dié engeltjie? Jy vergeet van die modderspore oor die sitkamermat, die nat badkamer en vergaap jou aan hul skoonheid, hul onskuld.
Kom sê sy haar kleuterskool versie op, “want my hartjie maak so lief-lief-lief” en jy bêre dit vir altyd in jou hart. Selfs in jou donkerste, mees verlate oomblikke, klou hul asem aan jou asem, hiér, waar die lig skyn.
Jou hart ys vir die boosheid van die wêreld daarbuite – U beskerming, asseblief, ássebliéf – en droom jy oor die hoogtes en vreugdes wat ook nog wag. Mamma kan nie al die valle keer nie, maar ek sou tien jaar van my lewe afstaan om te kón.
Intussen, kom hier dat ek die eina kan soen en traantjies afvee, terwyl ek grys hare groei as ek snags oor jou wakker lê.
Oneindige liefde en kos is al wat hulle nodig het, vertel iemand my. En gebede uit ’n ouerhart, voeg ek by.
Want hierdie is ’n seisoen van groen koring op die land wat in die somer goudgeel sal raak. Dan sal haar voetjies hul eie spoortjies die wêreld vol gaan trap. Stádig, stadig oor die klippertjies!
Vir jou wens ek ’n leeuehart – moedig en ontstuitbaar. Geloof soos ’n mostertsaadjie en arendsvlerke. En ek wens vir jou veilige, liefdevolle arms, wanneer die trane dan ook moet kom!
Só bid elke ouerhart!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie