Rys-mahangu-projek suksesvol afgehandel

Projekresultate aan landbou-ministerie oorhandig

30 December 2016 | Landbou
Die Japanse ambassadeur in Namibië, mnr. Hideyuki Sakamoto, het vroeër vandeesmaand die suksesvolle afhandeling van die Namibië-Japan rys-mahangu-projek aangekondig.

Dienooreenkomstig is die projekresultate aan mnr. Percy Misika, permanente sekretaris van die ministerie van landbou, water en bosbou, oorhandig.

Die projek het gesamentlike wetenskaplike navorsing tussen die Universiteit van Namibië (Unam) en die Kindai Universiteit in Japan behels – samewerking wat na verwagting teen Februarie aanstaande jaar tot 'n einde sal kom.

Die doel was om 'n nuwe metode van wisselbou te verken deur van die droogtebestande mahangu- en vloedbestande rysgewas gebruik te maak. Die nuwe metode moet kleinboere help met konstante landbouproduksie, ongeag wat weerstoestande vir Namibië bring.

Tydens die afgelope vyf jaar is toerusting ter waarde van N$2,2 miljoen soos 'n waterpomp, 'n kweekhuis, 'n voertuig en 'n rekenaar aan die Namibiese regering geskenk. Terselfdertyd is ver­skeie vaardighede deur middel van opleiding en proewe aan Namibiese akademici, beamptes by die ministerie asook kleinboere in die noordelike kommunale gebied oorgedra.

Al hierdie inligting is ook in 'n handleiding saamgevat, wat in beide Engels en Oshiwambo gepubliseer is. Voorts sal Sakamoto die handleiding ook aan die ministerie oorhandig.

Soortgelyk

 

Senior bestuurder van Rehoboth-dorpsraad vas vir bedrog

10 ure gelede | Misdaad

ʼn Senior bestuurder van die Rehoboth-dorpsraad is saam met nog drie verdagtes in hegtenis geneem op aanklagte wat met die bedrog van 'n riooltender verband...

Lokomotief raak spoor byster

13 ure gelede | Ongelukke

Otis Finck – ‘n Lokomotief van TransNamib het gisteraand omstreeks 20:00 naby Duin 7 ontspoor.Niemand is in die voorval beseer nie.Werkers is tans besig om...

Kobi Alexander kry tronkstraf

14 ure gelede | Misdaad

Ronelle Rademeyer - Die 64-jarige Kobi (Jacob) Alexander is tot 30 maande tronkstraf gevonnis.Dit volg nadat hy verlede jaar ná tien jaar as voortvlugtige in...

Susanne Hoff skuldig aan poging tot moord

22 ure gelede | Howe

Jacqueline Louw – Susanne Hoff (56), wat teregstaan op ’n aanklag van sameswering om haar man, mnr. Egbert Hoff, te vermoor, is gister deur landdros...

Vermeende rower slaan glo babaseun teen muur

22 ure gelede | Misdaad

Jessica Botes - 'n Vrou en haar tweelingbabas was gister die slagoffers van 'n gewelddadige rooftog op Swakopmund.Die vermeende rower het glo om 03:50 'n...

Vryheid, veiligheid en vernuf

22 ure gelede | Byvoegsels

Henriette Lamprecht – Dit sal hom altyd bybly, die vryheid en die veiligheid. Vryheid nie net in die natuur nie, maar ook die vrye omgang...

Verkeersman sonder 'n prys

22 ure gelede | Misdaad

Des Erasmus - 'n Karweier van Windhoek van Angolese herkoms, mnr. Vicente Fanivamwe (50), is deur lede van die teenkorrupsie-eenheid in hegtenis geneem nadat hy...

Weer vir 24 Februarie 2017

22 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele tot geïsoleerde donderbuie oor die Noordooste en dele van die Noordweste. Elders in die binneland...

Grondgroep: Namibiërs moet bronne terugkry

22 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die Beweging vir Grondlose Mense (LPM) sê radikale transformasie is nodig om alle natuurlike hulpbronne terug in die hande van Namibiërs (en...