Ryers wys hulle kan bergpasse oorkom
Bergfietsry
Die afgelope naweek se driedaagse Three Passes bergfietstoer het weereens baie goed afgeloop.
Benewens 66 ryers het nog 32 mense deel van die ondersteuningsgroepe uitgemaak, het die organiseerder Johan Fourie agterna laat weet.
Eerder as ''n blote jaagtog vir die eindstreep, is dié toer daargestel vir mense om hulself te toets en vir diegene wat altyd by resiese die getalle volmaak om ook as wenners uit te stap.
Dag 1 se afstand was 160 km, wat die Kupferbergpas ingesluit het.
Dag 2 was 150 km, wat Remhoogtepas en Spreetshoogtepas ingesluit het. Ryers kon kies of hulle dag 2 wou opdeel en oor twee dae doen, of alles op een dag afhandel.
Baie het hulself getoets en afstande gery wat hulle nog nooit vantevore aangepak het nie.
Die Spreetshoogtepas is ook aangedurf en vir baie was dit ''n groot uitdaging, maar die ryers het nie teruggedeins nie en het hom uitgery.
Vanjaar het die groep vir twee dae op Namibgrens Guest Farm gebly.
Borge van die byeenkoms was BuildWise, Onyati Meat Enterprise, TokTokkie Trails, CIC Holdings en Namibgrens Guest Farm.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie