Rust bly in aanhouding
Jacqueline Louw
Die boer wat daarvan beskuldig word dat hy 'n vermeende wilddief in die Okahandja-distrik geskiet het, is steeds in aanhouding ondanks twee borgtogaansoeke.
Mnr. Kai Rust, wat daarvan aangekla is dat hy 'n verdagte stroper op sy familie se plaas doodgeskiet het, het verlede week voor landdros Khaepriums Swartz in die Okahandja-landdroshof verskyn.
Hy is meegedeel dat die verhoor weer eens uitgestel word vir die aanklaer-generaal om 'n besluit te maak oor die verdere verloop daarvan.
'n Klag van moord en drie klagte van poging tot moord is teen Rust aanhangig gemaak. Hy is op 27 Januarie verlede jaar in hegtenis geneem in verband met die dood van 'n vermeende stroper, Andreas Ukandanga (41), ná 'n skietvoorval op die Rust-familieplaas in die Okahandja-omgewing.
Rust het onskuldig gepleit op al die klagte teen hom.
In sy pleitverduideliking het hy gesê hy het geen voorneme gehad om Ukandanga of enige ander persoon te beseer of dood te maak nie.
Hy het ook ontken dat hy op enige manier nalatig opgetree het of dat dit tot Ukandanga se dood kon gelei het.
Rust se eerste borgtogaansoek in Februarie verlede jaar was onsuksesvol.
In Junie is 'n appèl teen dié beslissing in Windhoek se hoërhof van die hand gewys. 'n Tweede borgtogaansoek in die Okahandja-landdroshof was ook nie suksesvol nie. Rust sal weer op 10 April in die hof verskyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie