Russiese oudspioen en sy dogter vergiftig

Net hoe gevaarlik internasionale spioenasie is, blyk opnuut uit die manier waarop 'n aanslag op die lewe van 'n voormalige Russiese spioen gemaak is.
Die Britse owerhede het bevestig 'n middel wat die ­senustelsel aanval, is gebruik om die Russiese oudspioen Sergei Skripal en sy dogter Julia te vergiftig.

Een van die eerste polisiebeamptes op die toneel waar hulle die naweek in Salisbury in die suide van Engeland bewusteloos gevind is, is intussen ook gehospitaliseer.

Twee ander polisiebeamptes wat op die toneel was, is vir minder ­ernstige simptome behandel nadat hul oë gejeuk en hulle kortasem was.

Die BBC berig Skripal (66) en sy dogter (33) is steeds in 'n bedenklike toestand in die hospitaal. Volgens The Guardian is die ­polisiebeampte “ernstig siek” en gaan sy toestand ­agteruit.

Die Britse polisie ondersoek nou 'n saak van poging tot moord en het honderde speurders, forensiese deskundiges, ontleders en intelligensie­beamptes wat die voorval 24 uur per dag ondersoek.

Die hoof van die Britse eenheid vir teenterreur-polisiëring sê die middel wat gebruik is, is geïdentifiseer, maar dié inligting word voorlopig van die publiek weerhou.

Chemiese wapens soos VX- en ­sarin-gifgas het 'n soortgelyke uitwerking op die senustelsel wat tot orgaanversaking kan lei.

Senugas soos daar ook na die soort middel verwys word, word gewoonlik ingeasem, maar kan ook deur die oë of vel ingeneem word.

Sulke middels word gewoonlik in gesofistikeerde laboratoriums vervaardig en is nie maklik bekombaar nie.

Die polisie gaan beeldmateriaal na om te bepaal wat Skripal en sy dogter voor die aanval gedoen het.

Skripal se huis is afgesper en twee kuierplekke wat hulle besoek het voor die vergiftiging, is steeds vir die publiek gesluit.

Boris Johnson, Brittanje se minister van buitelandse sake, het vroeër gesê die aanslag op Skripal ­herinner aan die dood van die voormalige KGB-agent Aleksander Litwinenko in 2006.

Litwinenko is in 2006 dood nadat hy vergiftigde groentee, met die radio­aktiewe stof polonium-210 in, gedrink het.

'n Britse ondersoek na die voorval het beslis Moskou het “waarskynlik” opdrag gegee dat Litwinenko, wat in ballingskap in Engeland gewoon het, vermoor word.

Skripal was voorheen 'n kolonel in Rusland se militêre intelligensiediens, maar is tot 13 jaar tronkstraf gevonnis toe dit op die lappe kom dat hy inligting aan Westerse agente in Europa verkoop het.

Hy het in 2010 asiel in Engeland gekry as deel van 'n ooreenkoms tussen Rusland en die VSA.

Die Kremlin ontken enige betrokken­heid by die twee ­voorvalle. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 18km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 18km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!