Russiese diplomate uitgeskop
Russiese diplomate uitgeskop

Russiese diplomate uitgeskop

Die Russiese Beer dreig met vergelding ná kollektiewe optrede deur Brittanje en sy bondgenote teen diplomate.
Die VSA en sy Europese bondgenote het meer as 100 Russiese diplomate die deur gewys ná die sluipmoordpoging op Sergei Skripal en sy dogter.

Dit is volgens die BBC die grootste kollektiewe uitsetting van Russiese intelligensiebeamptes in die geskiedenis.

Altesame 21 lande het hulle by die Verenigde Koninkryk (VK) geskaar nadat Theresa May, die Britse premier, 23 “onverklaarde intelligensieagente” huis toe gestuur het.

Rusland waarsku intussen dat hierdie “uitdagende gebaar” nie ongestraf sal gaan nie. Rusland ontken enige aanval op die pa en dogter, wat nadat hulle met ’n senumiddel vergiftig is waarskynlik met breinskade gelaat is.

Die Europese Unie (EU) het verlede week die blaam vir die aanval op Moskou se skouers geplaas.

May sê pres. Wladimir Poetin van Rusland se regime is besig om met sy “dade van aggressie” indruis te maak teen die waardes en belange waarvoor die EU staan.

“Die Verenigde Koninkryk sal as ’n soewereine Europese demokrasie skouer aan skouer staan saam met die EU en Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo), om hierdie bedreigings saam te konfronteer,” sê May.

Boris Johnson, die VK se minister van buitelandse sake, het die internasionale gebaar van solidariteit geprys en sê die VK en sy bondgenote kan nie toelaat dat Rusland internasionale reëls na willekeur verbreek nie.

Die Russiese departement van buitelandse sake sê die EU se reaksie is aanduidend van ’n “konfronterende” beleid en dat dit vanselfsprekend is dat hierdie “onvriendelike daad” nie ongesiens verby sal gaan nie.

Die gesamentlike aksie kom op ’n tyd waarin verhoudinge tussen die VK en EU weens die Brexit-onderhandelinge onder bykomende druk verkeer.

Donald Tusk, president van die EU, waarsku dat verdere stappe ook onder bespreking is.

Die lande wat tot dusver Russiese diplomate laat oppak het:

Die VK: 23, die VSA: 60, die Oekraïne 13, Frankryk, Duitsland, Pole en Kanada vier elk, Tsjeggiese Republiek en Litaue drie elk, Denemarke, Nederland, Albanië, Australië, Italië, Spanje twee elk en Estland, Kroasië, Finland, Hongarye, Letland, Roemenië, Swede en Noorweë een elk. - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!