Russe laat Stade Franu00e7ais met rooi gesigte
Russe laat Stade Franu00e7ais met rooi gesigte

Russe laat Stade Français met rooi gesigte

Rugby
Die Russiese rugbyklub Krasny Yar, wat tweede in die Russiese liga geëindig het, het Saterdag in Siberië vir een van die grootste skokke nóg in die Europese Uitdaagbekerreeks gesorg toe hy Stade Français met 34-29 geklop het. Verlede jaar het die Franse klub die eindstryd gehaal en teen Gloucester verloor.

“Wat wil jy hê moet ek sê,” het Julien Dupuy, Stade se hulpafrigter, aan Midi Olympique gesê.

“Dis was 'n gekkespul. Ons was katastrofies, jy kan maar sê bespotlik.

“Wanneer jy nie jou teenstander en die beginsels van rugby ag nie, dan verloor jy, dis dit.

“Ek wil nie meer sê nie, want dan loop ek die gevaar om onbeskof te wees. Dié vertoning was nie waardig van 'n Top14-klub nie.

“Ons het alles gedoen wat ons nie veronderstel was om dit te doen het,” het Dupuy sy lot oor die eens magtige Franse klub bekla.

• Intussen het die Springbok Pat Lambie Saterdag in Parys sy eerste verskyning vir Racing92 teen Leicester in 'n wit kopskerm gemaak. Dit was sy eerste wed­stryd in maande nadat hy vroeër vanjaar weer harsingkudding opgedoen het.

* Die gewese Springbok-skrum­skakel Faf de Klerk was die Sale Sharks se held toe hy 10 punte in hul gelykopstryd van 20-elk teen Toulouse met sy skopskoen aangeteken het. – Netwerk24/AFP

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!