Rusland kan die WB suksesvol aanbied, sê JP Nel

30 July 2020 | Sport
Marnus Kok



Vir die ontwikkeling van rugby is dit glad nie so 'n vergesogte idee dat Rusland sy naam in die hoed gooi as gasheer vir 2027 se Wêreldbekertoernooi nie.

Reuters berig die Russe se effense onverwagse plan om die toernooi aan te bied, word deur die land se president, Wladimir Poetin, ondersteun.

Die Russiese Rugbyfederasie beplan om die stadions wat gebruik is om 2018 se Wêreldbeker-sokkertoernooi aan te bied, hiervoor aan te wend.

Japan, wat gasheer vir 2019 se toernooi was, is agterna wyd en syd geloof vir die goeie gasheer wat hy was. Ook op die veld het die Brave Blossoms hul kant gebring deur die kwarteindronde te haal – iets wat natuurlik baie vir rugby se groei in die Ooste beteken het.

“Rusland het met die Wêreld­beker-sokkertoernooi gewys hy kan 'n internasionale toernooi aanbied. Dit is 'n eerstewêreldland met 'n puik infrastruktuur, stadions, oefengeriewe, vervoer, veiligheid en dit is boonop 'n pragtige land om te besoek,” sê die 39-jarige Nel, wat die hoofafrigter van Strela-Agro Kazan is.

“So hoekom nie Rusland nie? Om rugby in die algemeen te ontwikkel, moet Wêreldrugby aan ontwikkelende lande die geleentheid bied om die toernooi aan te bied.

“As 'n mens kyk wat die Wêreldbeker vir rugby in Japan gedoen het, kan 'n mens verstaan hoekom Rusland sy naam in die hoed gegooi het. Baie min mense weet van rugby hier en ek dink 'n Wêreldbeker sal rugby in Rusland na 'n ander vlak neem,” sê hy.

Die toernooi in Japan was die eerste keer dat dié skouspel gehou is in 'n land wat nie tradisioneel 'n rugbymoondheid is nie.

Rusland, tans 20ste op Wêreldrugby se ranglys, het al twee keer, 2011 en 2019, aan die WB-toernooi deelgeneem, maar kon nog nie 'n oorwinning behaal nie.

Behalwe Suid-Afrikaanse afrigters soos Nel, Jaco Engels, André Tredoux en Rynhard van As wat in Rusland afrig, het dit die laaste paar jaar 'n gewilde bestemming vir plaas­like spelers geword.

Spelers soos Günther Janse van Vuuren en Stephan Malan speel daar, terwyl die voormalige Springbokvleuel Bjorn Basson verlede seisoen ook 'n draai in Rusland gemaak het.

Daar word verwag dat Wêreldrugby teen Mei bekend gaan maak wie die gasheer is, met Australië wat as een van die gunstelinge beskou word.

Die volgende toernooi, in 2023, sal in Frankryk gehou word.

– Netwerk24

Soortgelyk

 

Vandag se Covid-19-data

4 ure gelede | Gesondheid

'n Visuele opsomming van die inligting vir Maandag 10 Augustus 2020, soos om 15:00 vanmiddag aangekondig deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr....

Skerp styging in gevalle in Windhoek wek kommer, sê...

5 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste dr. Kalumbi Shangula het die situasie in Windhoek as "kommerwekkend" beskryf met 79 nuwe Covid-19-gevalle wat vandag in...

Twee met ivoor, velle vasgetrek

10 ure gelede | Misdaad

Twee vermeende wildmisdadigers, mnr. Gabriel Kuutondokwa Nalitje en David Simon, is verlede Maandag in Windhoek glo met drie stukke ivoor en een elk luiperd- en...

Viskwotas: Tweede Fishrot gevrees

20 ure gelede | Misdaad

Leandrea Louw op Walvisbaai - Rolspelers in die visbedryf is bekommerd dat die land in 'n tweede Fishrot-skandaal gedompel sal word as viskwotas opgeveil word....

Olifante vertrap Noorde-plase

20 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Twee troppe olifante het sedert Donderdag en oor die afgelope naweek verwoesting op plase teen die veterinêre kordonheining in die Noordooste gesaai,...

Tossing papers, tapping buttons

20 ure gelede | Tegnologie

Justicia Shipena WINDHOEKHaving started his coding journey in grade nine at De Duine Secondary School in Walvis Bay, Joachim Shilongo recently developed a...

'Beskerm jouself en ander'

20 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gaan beheermaatreels in Windhoek verskerp in ’n poging om die toenemende skerp styging in Covid-19-gevalle...

Weer vir 11 Augustus 2020

20 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal môre in die Suide vestig. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm, maar baie warm...

#Covid19SafetyChallenge closing date extended

20 ure gelede | Gesondheid

Justicia Shipena LifeLine ChildLine, through Uitani Radio, invites young people of all ages to participate in the #Covid19SafetyChallenge.This competition aims to monitor how many...