• Tuisblad
  • Sake
  • Rupert wys op wisselvallige verbruikersvraag
Rupert wys op wisselvallige verbruikersvraag
Rupert wys op wisselvallige verbruikersvraag

Rupert wys op wisselvallige verbruikersvraag

Verkope het in die halfjaar tot September met 21% tot €6,81 miljard gegroei teenoor 'n jaar gelede.
Francois Williams



Die luuksegoederegroep Riche­mont se uitbreiding na e-handel werp vrugte af, maar die aankoop van die nuwe aanlyn ondernemings het vir eers vir 'n tydelike spoedwal in sy bedryfswins getref.

Sy bedryfswins vir die halfjaar tot einde September het met 3% gekrimp tot €1,13 miljard weens die koste om sy nuwe aanlyn ondernemings te koop en in die groep te konsolideer.

Die netto wins vir die halfjaar is wel 'n hele 131% hoër op €2,253 miljard danksy 'n herwaardering van Riche­mont se aandeelhouding in die aanlyn onderneming Yoox Net-a-Porter (YNAP) wat hy besit het voordat hy dit volledig oorgeneem het.

Wat beleggers bekommer is Richemont se kontantvloei uit bedrywighede wat in die halfjaar 34% laer is op €733 miljoen. Richemont verduidelik dit is omdat meer kontant vir bedryfskapitaalbehoeftes opgeslurp is, veral om voorraad aan te vul vir onder meer die nuwe ondernemings wat verkry is.

Sy netto kontantposisie is ook 3 miljard minder op €1,584 miljard ná die aankoop van YNAP en die ­aanlyn-horlosiehandelsplatform Watchfinder.

Verbruikersvraag is toenemend ­wisselvallig weens 'n onseker ekonomiese en geopolitieke omgewing, sê Johann Rupert, voorsitter van ­Richemont.



AANLYNVERKOPE

Verkope het in die halfjaar tot September met 21% tot €6,81 miljard gegroei teenoor 'n jaar gelede. As YNAP en Watchfinder se verkope uitgesluit word, het verkope met 6% gegroei teen werklike wisselkoerse en met 8% teen konstante wisselkoerse.

Aanlynverkope vorm nou al 14% van Richemont se totale verkope.

Richemont het ook onlangs 'n strategiese vennootskap met die Chinese e-handelreus Alibaba gesluit, en Alibaba sal 'n gesamentlike vennoot­skap met YNAP sluit om Chinese ­verbruikers te kry.

Volgens Rupert was dit net die Midde-­Ooste en Afrika waar die groep nie groei in verkope behaal het nie. In Hongkong, Suid-Korea en Amerika was die groei in dubbelsyfers.

Richemont se aandeelprys op die JSE was na die markopening Vrydag 4,45% laer op R98,80. Richemont is een van die groot randverskansings-aandele op die beurs, wat gewoonlik baat vind by 'n swakker rand omdat meestal van sy inkomste in ­buitelandse geldeenhede is. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!