Rupert maak glo planne om Vumatel te koop

Samesmelting met Dark Fibre Africa in die pyplyn

09 March 2018 | Sakenuus
Johann Rupert se beleggingsmaatskappy Remgro is in 'n gevorderde stadium van gesprekke om die verskaffer van veselinternet Vumatel te koop, het bronne in die binnekring verklap.

Dié transaksie sal Vumatel 'n aandeelwaarde van sowat R1,1 miljard gee, sê dié mense wat verkies om anoniem te bly.

Rupert, een van Suid-Afrika se rykste mense, sal dan waarskynlik Vumatel laat saamsmelt met sy mededinger Dark Fibre Africa (DFA). Remgro besit reeds 'n meerderheidsbelang in DFA.

Die transaksie kan egter nog deur die mat val, sê diegene wat weet. As dit gebeur, sal Vumatel waarskynlik oorweeg om van sy aandele op die JSE te verkoop.

'n Woordvoerder vir DFA wou nie kommentaar lewer nie, terwyl 'n woordvoerder vir Remgro net gesê het sy kan nie onmiddellik kommentaar lewer nie. Geen woordvoerder van Vumatel kon bereik word nie. As die transaksie wel voltrek word, sal dit DFA toelaat om sy netwerk, wat reeds uit sowat 10 000 km veselverbinding bestaan, verder uit te brei tot Suid-Afrika se grootste verskaffer van veselverbindings aan huishoudings.

Huishoudings in Johannesburg, Kaapstad en Durban soek steeds naarstig na vinniger internet en meer kapasiteit om die toenemende verbruik van data te hanteer, insluitend die gebruik van stroomdienste. DFA speel tans tweede viool naas Liquid Telecom in terme van die grootte van sy netwerk in Suid-Afrika. Die maatskappy het volgens sy webwerf R1,25 miljard in skuldbefondsing bekom en 'n roterende kredietfasiliteit van R1,1 miljard om verdere uitbreiding te befonds.

Onderhandelinge tussen DFA en Vumatel het in Oktober verlede jaar begin en sal binne die volgende paar maande afgehandel wees, sê diegene wat weet.

Banke wat by die transaksie betrokke is, sluit in Standard Bank en Investec, het een van die bronne verklap. Nóg Standard Bank nóg Investec was vir kommentaar beskikbaar. Rupert het 'n netto waarde van nagenoeg US$8 miljard (R95 miljard) volgens Bloomberg se indeks van miljardêrs.

Remgro besit 'n beduidende aandeel in die internasionale hospitaalgroep Mediclinic en die Suid-Afrikaanse vervaardiger van spiritualieë, Distell. – Netwerk24/Bloomberg

Soortgelyk

 

Elfjarige byna ontvoer

1 dag gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht – ‘n Elfjarige laerskoolmeisie is Woensdag helder oordag voor haar huis byna deur ‘n groep mense in ‘n motor gedwing en ontvoer. ‘n...

Tendertafel net vir buitelanders gedek

1 dag gelede | Infrastruktuur

Ronelle Rademeyer - Die voorwaardes waaraan kontrakteurs moet voldoen om in aanmerking te kom vir twee reuse-konstruksietenders van byna N$4 miljard, is van só ’n...

Storm los by Unam-eksamen

1 dag gelede | Onderwys

Denver Kisting - Die Universiteit van Namibië (Unam) het teen gistermiddag steeds skouers opgetrek oor ’n eksamen wat eergisteraand skeefgeloop het.Nagraadse regstudente verbonde aan die...

Kalender 21 September

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Erfenisweek 2018 is goed op dreef by die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) . Namibië se belangrikste erfenisinstellings het saamgespan om dié...

’n Mannekoor en wyn vir die pyn

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Die Windhoeker Männerchor (WMC) en ‘n uitgesoekte groep musikante nooi die publiek na die Wynfees/Winzerfest uit. Dít vind op 6 Oktober by die SKW...

Vanjaar reeds 29 renosters in Namibië gestroop

1 dag gelede | Omgewing

Francoise SteynbergAltesaam 21 swart- en agt witrenosters is al vanjaar in Namibië vir hul horings afgemaai.Uit dié 21 swartrenosters is 13 in die Etosha Nasionale...

Gif in waterkrip dalk stropers se werk

1 dag gelede | Misdaad

Henriette Lamprecht Watermonsters van 'n krip in 'n munisipale kamp wes van Omaruru is vir ontleding na 'n private laboratorium gestuur om te bepaal...

Breek die mure af

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Yolanda Nel – Indien die klank van kabaret, Evita of die Rocky Horror Picture Show jou aandag trek, moet jy môre geen planne maak nie.Shades...

Die Kontrak is hier!

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Die groot oomblik is uiteindelik hier: VIA (DStv, kanaal 147) en Coleske Artists se splinternuwe TV-reeks, Die Kontrak, waarin die volgende groot Afrikaanse kunstenaar gekroon...