Rundu: Verdrink in vullis of ly dors

Die munisipaliteit het besluit om voorkeur aan sy waterskuld te gee – ten koste van ander noodsaaklike dienste op dié Noordedorp.
Catherine Sasman
Catherine Sasman - Rundu se strate en sypaadjies het in onooglike, stinkende vullishope ontaard omdat die dorpsraad noodsaaklike dienste afskeep.

Dít om sy skuld van N$60 miljoen aan NamWater te kan betaal.

Inwoners van die dorp het gesê vullisverwyderingsdienste het tot stilstand gekom, terwyl gemors langs paaie, in die riverbedding, voor regeringskantore, besighede en huise ophoop.

Eienaars van lodges sê toeroperateurs het intussen ook besluit om by Rundu as ‘n noordelike toeristebestemming verby te hou weens die toenemende stank van die dorp, wat Rundu van waardevolle inkomste beroof.

Mnr. Sikongo Haihambo, die dorpsraad se waarnemende uitvoerende hoof, het Vrydag (9 Nov) erken die vullishope is ‘n steen des aanstoots, maar het gesê dié omstandighede is te wyte aan die dorp se “inkomstesiklus”.

Die dorp betaal NamWater tans sowat N$4 miljoen per maand.

Sowat 30% daarvan word gebruik om sy waterskuld te delg en 70% om nog water aan te koop.

Haihambo sê die dorpsraad het besluit om voorkeur te gee aan die volgehoue verskaffing van water aan die dorp, terwyl ander dienste afgeskaal word.

Hy sê daar is eenvoudig net nie genoeg geld vir enigiets anders nie.

“Ons moes onsself afvra hoeveel geld ons vir ander dienste kan aanwend en hoeveel ons vir water moet aanwend. Water is ons eerste prioriteit,” sê hy.

Haihambo erken inwoners met munisipale rekeninge betaal steeds vir die verwydering van vullis, maar sê hierdie geld moet eenvoudig gebruik word om die waterrekening te betaal.

Die dorpsraad het tans twee lorries wat vullis bymekaarmaak en verwyder, maar Haihambo sê dit is onvoldoende.

“Rundu se dorpsraad is tans op moedverloor se vlakte. Ons moenie foute herhaal nie,” het hy gesê.

Rundu se water-ellendes het sowat agt tot tien jaar gelede weens die swak betaling van sy NamWater-rekening begin.

Haihambo het dít aan swak beplanning en implementering toegeskryf.

Hy sê die dorpsraad moet die gordel styf intrek wat voorraad betref, omdat die dorp se bevolking so vinnig groei.

Rundu se bevolkingsgroeikoers is tans 5,4% – effens laer as Windhoek s’n en heelwat hoër as die gemiddelde nasionale groeikoers van 4,2%.

Die bevolking het van 63 000 mense in 2011 na 85 700 in 2017 toegeneem en sal na verwagting teen die einde van hierdie jaar 90 000 bereik.

“Ons kan nie met diensverskaffing voorbly nie. Dalk moes ons beter beplan het, vir meer hulpbronne gesmeek het of meer geld gemaak het,” het Haihambo gesê, wat sedert 1 September vanjaar die pos van waarnemende uitvoerende hoof beklee.

Slegs 14 400 inwoners het munisipale rekeninge, waarvan 28% aan wanbetaling skuldig is.

Die res van die inwoners woon in huisies in die informele nedersettings en betaal nie munisipale heffings of tariewe nie.



Die instandhouding van paaie het ook agterweë gebly en selfs die paaie by die dorpsingang is beskadig, met gate wat daagliks groter raak.

Verbetering

Haihambo sê ten spyte van dié donker prentjie is dinge besig om te verbeter, en die dorpsraad het meer moed sedert hulle in September en Oktober betaal is.

Hy het gesê die dorpsraad oorweeg om op vrywilligers staat te maak om die dorp skoon te maak, en paaie tydelik te herstel.

Hy sê hy maak op die sakegemeenskap staat om lorries te verskaf om vullis te verwyder en vullishouers te skenk.

“Ons moet doen wat ons ookal kan, en ons het reeds daarmee begin,” het Haihambo gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.18 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.21 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 377.67/OZ DOWN -0.001 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.65% | Zinc US$ 2 850.60/T UP 1.02% | Brent Crude Oil US$ 86.80/BBP DOWN -0.0041 | Platinum US$ 926.15/OZ DOWN -0.0107 Sport results: European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.82 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.18 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 133.93 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.98 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.21 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 377.67/OZ DOWN -0.001 | Copper US$ 4.44/lb UP +0.65% | Zinc US$ 2 850.60/T UP 1.02% | Brent Crude Oil US$ 86.80/BBP DOWN -0.0041 | Platinum US$ 926.15/OZ DOWN -0.0107