Rundu stééds in chaos gedompel

Shaningwa se bevele verdeel dorp

28 December 2018 | Regering
Kenya Kambowe - Binnegevegte by die Rundu-dorpsraad het sake by dié beleërde dorpsraad tot stilstand geruk.

Daar is steeds geen nuwe raadslede verkies nie.

Drie van die vyf Swapo-raadslede verseg om ’n bevel van die regerende party se sekretaris-generaal, me. Sophia Shaningwa, te gehoorsaam.

Kragtens dié opdrag moet die bestaande leierskapstruktuur behoue bly.

Die drietal het dit teen die bevel, omdat dit sal meebring dat me. Verna Sinimbo herkies sal word tot burgemeester vir die vierde agtereenvolgende keer.

Sinimbo is onder skoot omdat sy glo nie oor goeie leiereienskappe beskik nie.

Die vuil toestand van die dorp word ook voor haar deur gelê.

Gevolglik het die raadsverkiesing en -inhuldiging, wat vir 22 November bestem was, nie geskied nie.

Die raad bestaan in dié stadium uit raadslede sonder portefeuljes.

Swapo-reëls en –prosesse lui dat dié geleenthede ten minste 30 dae voor bestaande lede se termyn verstryk, moet plaasvind.

Die raadslid vir Kavango-Oos, me. Ottilie Shinduvi, het by navraag gesê al die raadslede moet nog vergader om op ’n nuwe datum vir die verkiesing te besluit.

Intussen het die twee opposisieraadslede, mnre. Reginald Ndara van die Rundu Concerned Citizens Association (RCCA), en Mathews Wakudumo van die All People’s Party (APP), hul teleurstelling oor die toedrag van sake uitgespreek.

Ndara het onlangs gesê die binnegevegte tussen Swapo-raadslede is ’n aanduiding dat hulle posisies hoër as die inwoners se behoeftes aanslaan.

Hy het in ’n verklaring gesê raadslede verkies om onder mekaar te baklei in plaas daarvan om hulle met opbouende gesprekke besig te hou, wat daarop gemik is om oplossings vir Rundu se probleme te vind.

Rundu was die laaste ruk pal in die nuus vanweë sy waterskuld, die dorp se morsige toestand en die onvermoë om gedienste grond en huise aan sy inwoners te verskaf.

Van die ontevrede raadslede lê die blaam op Sinimbo weens sy “diktatoriale leierskapstyl”.

Tydens ’n vorige onderhoud met Republikein se susterkoerant Namibian Sun het van die raadslede gesê die burgemeester duld geen deelnemende besluitneming nie.

Shaningwa het tydens ’n vorige onderhoud erken sy het die opdrag gegee.

Sy het egter geweier om enige verdere vrae in daardie verband te beantwoord.

Soortgelyk

 

Geingob vergader met Nanso oor studiegeld

1 uur gelede | Onderwys

Me. Ester Simon, president van die Namibiese Nasionale Studenteorganisasie (Nanso), het pas bevestig die organisasie vergader vandag by Staatshuis met pres. Hage Geingob...

Mexikaanse sakeman wil Erindi koop

3 ure gelede | Omgewing

Die internasionale entrepreneur, filantroop en president van die konsortium BAL-groep, mnr. Alberto Baillères, 'n gerespekteerde Mexikaanse sakeleier, is besig om die kooptransaksie met Erindi...

Katrina hoor Maandag 8 Julie

4 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Regter Christie Liebenberg het vandag gesê hy sal nie later nie as 8 Julie uitspraak lewer in die verhoor van me. Katrina...

Theo Diergaardt voor vir beweerde bedrog

5 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Die beheeraanklaer van die landdroshof in Windhoek, mnr. Hans Thourob, het bevestig mnr. Theo Diergaardt, oudminister van grondhervorming, is gister inhegtenis geneem.Volgens...

Windhoek se waterverbruik in die rooi

6 ure gelede | Omgewing

Die Windhoekse munisipaliteit sê oor die afgelope week het Windhoekers 7% meer water gebruik as wat huidige teikens vir waterbesparing toelaat. Die weeklikse teiken is...

Dit moes lankal gebeur het, sê Kanime.

7 ure gelede | Plaaslik

Denver Kisting – Oomblikke nadat hy gisteraand heraangestel is, het mnr. Abraham Kanime aan Republikein gesê dit moes lankal gebeur het.Die Windhoekse stadsraad het gisteraand...

Raad sit oor polisiehoof

16 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) sou gisteraand vir mnr. Abraham Kanime as hoof van die stadspolisie heraangestel het.Kanime is in Maart verlede jaar...

Windhoek droogste in 90 jaar

16 ure gelede | Weer

Ronelle Rademeyer - Die 2018-’19-reënseisoen sal vir die oorgrote deel van die land in die geskiedenisboeke opgeteken staan as van die droogste in menseheugenis.Die statistiek...

Katrina se lot gou bepaal

16 ure gelede | Howe

Denver Kisting – Onder gewone omstandighede is die staat se verantwoordelikheid om skuld bo redelike twyfel te bewys.In die geval van die oudgoewerneur van die...