Rundu moeg vir vullis, wateronderbrekings

Nóg 'n wateronderbreking op die dorp het daartoe gelei dat beide skole en besighede vir eers hul deure moes sluit.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Ofskoon watertoevoer teen gistermiddag na sekere dele op Rundu herstel was, het inwoners gal gebraak teenoor die dorpsraad oor gereelde wateronderbrekings en vullis wat glo oral ophoop.
Die jongste wateronderbreking het glo Saterdag begin nadat die dorpsraad, volgens ‘n Nampa-berig, nie die nodige kontant gehad het om genoeg watereenhede van NamWater te koop nie. Sommige besighede moes hul deure sluit, terwyl skole kinders huis toe gestuur het en mense hulle na die rivier moes wend om water te kry.
Terselfdertyd was daar sprake dat die jeug ‘n vreedsame demonstrasie teen die dorpsraad reel om oor brandende kwessies op die dorp te betoog, wat insluit die waterkrisis, die vullis wat glo nie verwyder word nie asook beweerde korrupsie in die dorpsraad.
GENOEG!
Nas Oshamba Kaloume het op Facebook ook sy misnoë met die dorpsraad uitgespreek en gesê niks op die dorp loop reg nie. “Van ‘n watertekort tot swak paaie, ‘n vuil dorp, geen besigheidsekspo nie en swak ontspanningsgeriewe. Die hele bestuur behoort afgedank te word. Dit het tyd geword dat Rundu se inwoners opstaan en sê: Genoeg is genoeg!”
Rundu Senior Sekondêre Skool se skoolhoof, me. Lorraine Krusé sê sy moes haar skool se deure gister (Dinsdag) om 10:30 sluit en selfs die koshuiskinders huistoe stuur nadat hulle sedert Donderdag sonder water sit. Sy sê die skool het reeds self by NamWater water vir ‘n watertenk gekoop, maar kan nie hiermee volhou nie.
“Die wateronderbrekings is ‘n weeklikse verskynsel en dit is frustrerend is omdat ons nie ongehinderde onderrig aan die kinders kan gee nie,” sê sy.
Die adjunk-hoof van die Friendly Primêre Skool op Rundu, mnr. Dinyando Frans het gister aan Republikein gesê hulle moes Maandag water in die rivier gaan haal om skooltoilette te spoel en dat die water wat hulle uit watertenks kry, vandag sal opraak en hulle dan die kinders sal moet huistoe stuur.
Frans sê die skool huisves meer as 200 laerskoolleerlinge.
VULLIS OOK PROBLEEM
Nog ‘n Rundu-inwoner, wat wat reeds vyf jaar op die dorp woon, het gesê alhoewel hul watertoevloei gister weer herstel is, ervaar hulle twee tot driekeer ‘n maand wateronderbrekings – sonder waarskuwing.
“Die vullisprobleem is nog erger. Massiewe vullishope versamel in veral die Kehemu- en Ndama-nedersettings omdat die naaste ‘wettige’ vullishope 5 km buite die dorp geleë is. Selfs in Tutungeni waar inwoners die dorpsraad betaal om vullis te verwyder, hoop dit op.
“Om eerlik te wees, die dorpsraad is heeltemal onbevoeg. Paaie val uitmekaar, ons het nie water nie en vullis lê oral. Ek sal nie verbaas wees as hier siektes uitbreek nie.
“Die kwessie is nié ‘n gebrek aan geld nie, eerder wanbesteding daarvan en luiheid.” Het sy gesê. Sy beweer korrupsie is wydverspreid binne die dorpsraad.
Intussen het Heinrich Zehrt foto’s van die Rundu se vullishope op Facebook gedeel en gesê Rundu is in die moeilikheid as dit by afvalbeheer kom en dat die vullis eindelik in die Okavango Delta Erfennisgebied beland.
BESIGHEDE
KFC het sy deure Maandag gesluit met ‘n kennisgewing op die deur dat hulle weens die watertekort moes toemaak.
‘n Besigheidsvrou wat deel is van die bestuur van vier besighede, sê hul redding was ‘n gedeelde watertenk en het dit hulle deur die jongste waterkrisis gehelp.
Mnr. Deon Karsten van Kavango Mills sê weens die watertekort moes hy ‘n lorrie stuur om water by die rivier te gaan haal. Hy sê ten spyte daarvan dat hulle maandeliks hul waterrekening asook vir vullisverwydering betaal, moet hy die afgelope maande self sy vullis wegry.
Ndumba Ndjikiti Alex? het op Facebook gesê die waterkrisis op Rundu is teleurstellend en dat onwettige waterkonneksies nie hiervoor blameer kan word nie.
?ONBEREIKBAAR
Die Rundu dorpsraad se uitvoerende hoof, mnr. Sikongo Haihambo kon gister ná herhaaldelike probeerslae nie telefonies bereik word nie omdat hy, volgens sy kantoor, by ‘n vergadering was. Hy het egter vroeër aan Nampa gesê NamWater het Rundu op ‘n voorafbetaalde stelsel geplaas en die konvensionele watervoorsieningstelsel verwyder sodat koste meer doeltreffend van die dorp verhaal kan word.
Dit volg nadat die dorp se skuld aan NamWater glo meer as N$ 60 miljoen beloop het.
Haihambo het bygevoeg dat uitstaande skuld van inwoners nie ingevorder is nie, wat die gebrek aan kontantvloei vererger.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.84/OZ UP +0.67% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.75% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.89/BBP UP +1.01% | Platinum US$ 915.53/OZ UP +1.48% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.39 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19.01 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.01 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.84/OZ UP +0.67% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.75% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.89/BBP UP +1.01% | Platinum US$ 915.53/OZ UP +1.48%