Rundu: Jeugliga vra voorafbetaalde watermeters
Swapo se jeugliga sê die dorp het 85 000 inwoners wat op ‘n daaglikse basis water gebruik, en slegs 4 000 betaal waterrekeninge.
Die Swapo-jeugliga (SPYL) in die Kavango-Oosstreek stel voor voorafbetaalde watermeters word op Rundu aangebring, wat volgens hulle die Rundu-dorpsraad in staat sal stel om geld in te vorder en skuld te verminder.
Die jeugliga het die afgelope naweek ses voorstelle opgestel wat volgens plan aan die stadsraad voorgelê sal word as die liga se bydrae tot die afwering van enige waterkrisis op die dorp in die toekoms.
Rundu was vir dae lank sonder water, waarná die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling aangekondig het hy sal genoeg geld aan NamWater oorbetaal sodat die dorp vir die volgende drie maande genoeg water het.
Die SPYL se streeksekretaris, mnr. Anselm Marungu, het gesê hy dank die dorpsraad se waarnemende uitvoerende hoof, mnr. Sikongo Haihambo en sy span, wat met min middele tot hul beskikking seker maak die dorp het water.
“Ons verstaan Rundu het ‘n bevolking van 85 000 inwoners wat water op ‘n daaglikse basis gebruik. Net sowat 14 400 hiervan is geregistreerde rekeninghouers en slegs 4 000 betaal hul waterrekeninge getrou,” het hy gesê.
Marungu het gesê dit is duidelik die raad samel nie genoeg geld in om vir die water te betaal nie.
Derhalwe wil die jeugliga voorstelle aan die stadsraad voorlê sodat praktiese oplossings beskikbaar is vir hoe die twee partye kan saamwerk om waterkrisisse en ander verwante kwessies op die dorp te pak.
Die jeugliga stel ook voor die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling bespoedig die proses om die informele nedersetting te formaliseer.
“Deur dít te doen, kan onwettige waterverbindings verminder word en kan dié mense ook vir water betaal,” het die jeugliga gesê.
“Ons stel verder voor die dorpsraad bring ‘n afdeling vir die invordering van agterstallige skuld op die been, wat sal opvolg met mense wat die dorpsraad geld skuld en ook maandelikse bewusmakingsprogramme van stapel sal stuur sodat inwoners deeglik bewus kan wees van hul verpligting om vir munisipale dienste te betaal,” het die liga gesê.
– Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie