Rukoro optimisties oor 2019 Afcon
Sokker
Die Namibiese Sokkervereniging (NSV) se sekretaris-generaal, mnr. Barry Rukoro, is optimisties oor die land se kanse om vir die volgende Afrika Nasiebekertoernooi (Afcon) te kwalifiseer indien die land sy energie en hulpbronne reg aanwend.
Die senior nasionale span, die Brave Warriors, is voor die naweek in groep K van kwalifisering vir die 2019 Afcon-toernooi ingesluit. Die eindtoernooi word in Kameroen aangebied.
Die Namibiërs sal in die groep saam met sy buurstaat Zambië, Mosambiek as nog 'n gereelde aartsvyand in die suidelike streek, asook die Wes-Afrika-span Guinee-Bissau geloot wees.
Rukoro het Vrydag aan Nampa gesê as Namibië sy kaarte reg speel, het hy 'n goeie kans om tot die 2019-skouspel te dring.
“Op die oomblik is ons sokker in 'n krisis waarvoor ons dringend oplossings moet vind. Ek is hoopvol dat as alles opgeklaar kan word sodat ons plaaslike liga weer aan die gang kom, sal Namibië sterk vir 'n plek kan meeding,” sê hy.
Rukoro voeg by dat Namibië dalk 'n meer gunstige loting sou kon kry indien hy hom nie 'n swakkerige plek op Fifa se wêreldranglys bevind het nie.
“In ons groep is ons die derde hoogste gerekende span, wat beteken dat ons naam uit 'n swakker pot getrek is en gevoeg is by spanne wat hoër geplaas is.
“Dit is egter ook 'n feit van Afrika-sokker dat jy nie kan staatmaak dat daar enige swak spanne in die Afcon-toernooi sal wees nie. Ons kans is nou om onsself te bewys.
“Heel eerste moet ons egter ons huis in orde kry, want sonder 'n werkende premierliga wat spelers op 'n hoë vlak aktief hou, sal dit baie moeilik wees om om teen die sterk spanne kers vas te hou.”
Die Namibië Premierliga (NPL) sukkel steeds om 'n gewillige borg vir die 2016-17 ligakompetisie te vind.
In groep K is Guinee-Bissau die hoogste gerekende span op die huidige Fifa-wêreldranglys, met 'n 68ste plek. Die tweede beste is Zambië (88ste), gevolg deur Namibië (100ste) en Mosambiek (106de).
Die eerste ronde van kwalifiserende wedstryde is vir 5 tot 13 Junie 2017 geskeduleer. Namibië is bestem om vir 'n wegwedstryd na Guinee-Bissau te reis, voor sy eerste tuiswedstryd teen Zambië in Maart. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie