Rugby se skouspel deel van herlewing

11 October 2019 | Sport
Die Namibiese rugbyspan draf Sondag in sy Wêreldbeker-wedstryd teen Kanada op in 'n stad wat as toonbeeld beskou word van heropbou nadat 'n verwoestende aardbewing en tsoenami die deel van Japan agt en 'n half jaargelede getref het.
Die Kamaisji-stadion gedenk hierdie ramp, waarin digby 16 000 mense omgekom het. Die tsoenami wat op die Tohoku-aardbewing gevolg het, het ook tot die kernkragramp by Foekoesjima gelei.
Soos die Amerikaners van “9/11” praat, verwys Japanese na die ramp van 11Maart 2011 as “3/11”.
'n Heropbouprojek wat tien jaar sal duur, is in 2012 van stapel gestuur. Reeds verlede jaar was die meeste infrastruktuur in die rampgebied, wat veel wyer as Kamaisji strek, volgens The Japan Times herbou.
Kamaisji was bekend vir sy staalbedryf en visserye. Die dorp was heeltemal vernietig en 1 250 mense het omgekom.
Die stadion is gebou op die terrein waar die dorp se skool geleë was. Die feit dat byna al die kinders betyds ontruim is, staan bekend as “Die wonderwerk van Kamaisji”.
'n Waarskuwing wat in 'n gedensteen ingegriffel is, lui: "Hardloop net! Hardloop bultop! Moenie oor die ander bekommerd wees nie. Red jouself eerste. En vertel vir die toekomstige geslagte dat 'n tsoenami een keer die punt bereik het en die wat oorleef het, is die wat bultop gehardloop het. So hardloop! Hardloop bultop!”
Die infografiek hiernaas wys die pad van tifoon Hagibis soos dit teen saktyd gelyk het. Twee wedstryde is weens die storm afgelas, maar die naweek se ses ander wedstryde sou volgens plan voortgaan.
Bouwerk aan die stadion het 16 maande geduur. Dit is in Augustus verlede jaar voltooi.
Kamaisji huisves een van Japan se mees suksesvolle rugbyklubs, die Kamaisji Seegolwe (eers Nippon Steel Kamaisji).
Net twee wedstryde by die toernooi vind hier plaas. Die eerste was die rilstryd waarin Uruguay vir Fidji met 'n oorwinning van 30-27 verras het. 'n Ligte aardbewing is gevoel nie lank nie ná die eindfluitjie geblaashet.
Die Foekoesjima-kernkragramp het die uraanprys wêreldwyd laat steier – 'n gebeurtenis wat markte vandag steeds nie oorkom het nie. Die bevindings van ondersoeke na 'n tsoenami se gevare vir 'n kernkragsentrale is in 2001 en 2008 deur betrokkenes geïgnoreer.
Drie kernreaktors is outomaties afgeskakel, maar vloedwater het noodstelsels gesaboteer en tot verskeie ontploffings gelei.

FEITE OOR KAMAISJI

• Bevolking 34 000 (helfte minder as in 1970)
• 16 500 huishoudings
• Gemiddelde jaarlikse reënval 1 453 mm
• Staal is in die 19de eeu grootskaals versmelt om wapens te maak
• Ekotoerisme belangrik

Soortgelyk

 

COVID-19 in Namibia: Data round up 25 - 28...

30th of May 12:51 | Gesondheid

Current situation with official data by Thursday 28 May 2020 (showing changes since 24 May 2020) and prelimenary data announced this morning for yesterday.GENERAL INFORMATIONThe...

Geval 22: stabiel, steeds op ventilator

2 ure gelede | Gesondheid

Namibië se 22ste bevestigde Covid-19-geval, 'n 63-jarige man van die kus, is steeds aan 'n ventilator gekoppel. Volgens die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste...

Kawana gee besonderhede oor viskwotas

1 dag gelede | Visserye

Nuwe aansoekers sal 56,2% van viskwotas ontvang en bestaande regtehouers die balans van 43,8%.Dr. Albert Kawana, wat as nuwe minister van visserye en mariene hulpbronne...

Namibië het nou 23 bevestigde Covid-19-gevalle

1 dag gelede | Gesondheid

Namibië se jongste bevestigde geval van Covid-19 (nr. 23) is 'n 38-jarige Namibiese vrou wat op 23 Mei vanaf Dar es Salaam, Tanzanië na Namibië...

The cream of the crop

1 dag gelede | Mense

Ester KamatiMonica Gwala (Niilenge), the owner of Mo-nize Farmstead Fresh Produce, is the only entrepreneur amongst six siblings, specifically in the field of agriculture –...

Namibië oper, Walvis toe

1 dag gelede | Regering

Denver Kisting – Die staatshoof, pres. Hage Geingob, sê fase 3 wat Dinsdag in werking tree, gaan van Namibiërs vereis om groter verantwoordelikheid vir hul...

Baie meer as miljard vir Air Nam nodig

1 dag gelede | Regering

Ronelle Rademeyer – Die N$984,6 miljoen wat in die nuwe boekjaar uit die belastingbetaler se sak na die nasionale redery gaan vloei, sal net “die...

Weer vir 29 Mei 2020

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Koud in die oggend, andersins sonnig en matig tot warm, maar warm tot baie warm in die Noorde.KUS: Sonnig en matig tot warm. GETYE...

Ouwêreldse vermaak by 'nuwe' inryteater

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Yandi du PlessisDalk is jy al keelvol vir Netflix of ShowMax, of bloot net uitgekuier om by die huis te sit. Dalk verlang jy na...