Rubber Duc, Adam se nuwe enkelsnit
Rubber Duc, Adam se nuwe enkelsnit

Rubber Duc, Adam se nuwe enkelsnit

Yandi Du Plessis
Wanneer 'n onverwagse sameloop van omstandighede twee puik musiekgroepe bymekaar bring, word 'n opwindende enkelsnit gebore!

Die manne van Rubber Duc en Adam het kragte saamgesnoer en 'n splinternuwe voelgoedsnit “Come Again” bekend gestel.

Die mansgroep Adam is deur die Namibies-gebore sanger Hugo Ludik gestig, terwyl Rubber Duc onlangs 'n draai by die Namibië Toerisme Ekspo (NTE) gemaak het.

“Dit is eintlik baie anders benader en moes nooit vir ons so spesiaal gewees het nie, maar dit het anders uitgedraai as wat ons beplan het," vertel Nick Jordaan, Rubber Duc se hoofsanger.

Die snit was nooit bedoel om deur enige van hierdie groepe opgeneem te word nie en is eintlik vir 'n Koreaanse platemaatskappy geskryf.

“Aangesien K-Pop tans so gewild is, is daar baie platemaatskappye en uitgewers wat Engelse liedjies vir hul kunstenaars soek,” verduidelik Nick.

“Ons wat as 'n groep kunstenaars by Muse Studios werk het “Come Again” geskryf en vir musikante in Korea gestuur. Ons skryf baie liedjies vir ander kunstenaars, maar daar was net iets spesiaal omtrent hierdie een wat ons nie uit ons koppe kon kry nie.”

Hugo Ludik stem saam. “Ons het so baie van die liedjie gehou dat ons besluit het dat Adam en Rubber Duc dit eerder moes opneem – en ons is bly ons het!”

Dit is deur Nick, Hugo, Brendan Campbell en Amiel Gopal geskryf, en gaan daaroor dat almal in die een of ander stadium in hul lewens iemand raakloop wat hulle ken; iemand wat hulle weet nie goed vir hulle is nie, maar wat hulle sukkel om te weerstaan.

“Ons het almal iemand in ons lewens wat aanhoudend terugkom, soos 'n boemerang of draaideur,” sê Nick.

“Dit is hoekom so baie mense by die liedjie sal aanklank vind. Net soos daardie onweerstaanbare mense, sal die liedjie ook opduik wanneer jy dit die minste verwag.”

Hierdie voelgoedsnit is uniek omdat dit nie geskryf is om aan Rubber Duc of Adam se styl te voldoen nie.

“Dit is eintlik baie anders benader en moes nooit vir ons so spesiaal gewees het nie, maar dit het anders uitgedraai as wat ons beplan het. Ons het ook baie pret gehad terwyl ons die liedjie geskryf het! Ons werk al vir maande saam en speel al lank met die idee om iets saam op te neem. Ons het almal dadelik saamgestem hierdie liedjie was perfek hiervoor, nadat ons dit reeds na die platemaatskappy toe gestuur het,” deel Nick.

“Dit is altyd ongelooflik lekker om saam met Rubber Duc te werk,” sê Hugo.

“Hulle is baie professioneel en wanneer ons saamwerk, wil ons almal graag die perfekte eindresultaat skep. Ons hoop dat luisteraars dit sal kan hoor in 'Come Again'.”

Dit is 'n bewys van wat gedoen kan word wanneer goeie musikante besluit om saam te werk. Hierdie enkelsnit is hopelik die eerste van vele meer projekte wat die twee groepe saam aanpak.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!