Ruacana: 'n Heldedaad in die oorlogsjare (Deel 1)
Ruacana: 'n Heldedaad in die oorlogsjare (Deel 1)

Ruacana: 'n Heldedaad in die oorlogsjare (Deel 1)

Mandy Rittmann
JACQUES WEILBACH SKRYF:

Op 6 Februarie 2018 is my vriend en oudkollega by Swawek/NamPower skielik oorlede in Windhoek op die jeugdige ouderdom van 67 jaar.

John Langford en sy helpers, veral die Frans gebore vlieënier van Swawek, Jacques Migeotte, het prominente rolle gespeel in hierdie heldedaad. Dit het my skielik laat besef dat ek my herhinneringe van hierdie gebeurtenis op skrif moet stel voor ek ook weg is.

Die gebeurtenis het 'n ontsaglike, permanente en positiewe gevolg gehad vir die destydse Suidwes-Afrika met ekonomiese gevolge wat vandag nog die fondament is van die land se ekonomie. Ek is een van die min oorlewendes wat eerstehands betrokke was, en wil graag die feite op skrif stel.

Op die lys van mense wat, in lugmagterme die “Sunset Call” beantwoord het en vir altyd weg is. John Langford, Andre Prinsloo, die Portugees De Oliveira, Smittie van die Observer-koerant, JP (Polla) Brand en baie ander.

Vroeg in Januarie 1980 het hierdie heldedaad plaasgevind, maar deur die jare het dit vervaag in mense se geheue. Niemand wat nog leef, en deel was van die operasie, sal ooit werklik die omvang en ekonomiese impak besef nie. Ek sou baie graag ook weer vir Jacques Migeotte wou sien. Hy het immers, saam met John, die sentrale rol in die drama gespeel.



AGTERGROND

Ek wil eerstens net 'n bietjie agtergrond gee van die militêre situasie op Ruacana. Die grensoorlog was toe al amper vyf jaar aan die gang en op Ruacana en al langs die grens tot by die waterval en uitkeerdam was die SA magte ontplooi in brigadesterkte van 'n paar duisend man. Die enigste vyandelike teenwoordigheid was 'n uitkykpos op 'n koppie so 2 km vanaf die kragstasie se stoordam. Die uitkeerwal is so 2 km anderkant die grensdraad.

Die Angolese uitkykpos is in 1978 verwyder met 'n 20 mm kanon op bevel van die kommandant. Daar was gevolglik geen vyandelike bewegings te sien aan die oorkant nie.

Die oorlogsfront was 100de kilometers noord in Angola. Daar was slegs 'n enkelspoor grondpad van so 2 km vanaf die grens tot by die damwal, maar geen bewegings daarop nie.

Die kragtoevoer na die damwal was toe al vir meer as drie jaar afgesny, dit was dus alles in vyandelike gebied. Niemand kon egter seker wees dat daar nie landmyne op die pad was nie. Niemand van die weermag of kontrakteurs was in jare oorkant by die wal nie. Niemand kon verseker weet of daar nie ook “booby traps” gestel was by die uitkeerwal nie.

Die twee sluise was wawyd oop en die volle vloei van die Kunenerivier het daardeur gevloei sonder om in die tonnel na die kragstasie te vloei. So 'n bietjie tegniese agtergrond is nodig om te verduidelik hoe die stelsel ontwerp is.



HOE DIE STELSEL WERK

Die doel van die sluise is om die dam skoon te spoel van enige modderneerslae en is die laagste punt van die dam en verhoed dus dat water na die kragstasie vloei.

Dis ontwerp om die maksimum vloei van die Kunene te hanteer, naamlik 1 200 kubieke meter per sekonde. Die gemiddelde vloei van die rivier in die reënseisoen, Januarie tot Maart, is so 800 cumec. Die drie turbines gebruik ongeveer 220 cumec gesamentlik, met al drie op 80 MW volvrag.

Die twee staalstrukture van die sluise weeg seker so 90 ton elk en is vyf meter wyd in die vorm van 'n halfsirkel op 'n dik as gemonteer. Die sluise maak oop deur die as te draai en 'n maksimum opening te laat van so vier meter. Die as van elke sluis word aangedryf deur 'n elektriese motor gekoppel aan 'n massiewe ratkas.

Aan die kant van die ratkas is daar 'n gewone handslinger met 'n swaai van so 500 mm vir gebruik in 'n noodgeval. Een mens kan die slinger draai en die sluis stadig beweeg, maar dit verg baie fisiese inspanning. Dit neem so 100 draaie met die slinger om een sluis met een sentimeter oop te maak. Jy kan jou dus voorstel hoe lank dit neem om een sluis se opening van vier meter toe te maak.



1977 TOT 1979

Ek het met Ruacana kennis gemaak in Oktober 1977 binne die eerste week nadat ek by Swawek begin werk het. Die turbines was klaar geinstalleer en die Oostenrykse kontrakteurs, sowel as Eskom, was op die terrein. As Swawek se verteenwoordiger moes ek elke tweede week, soms weekliks, Ruacana toe vlieg met die maatskappy se Cessna 421. Ek het altyd voor in die stuurkajuit gesit en kans gekry om self te vlieg aangesien my lisensie geldig was. Op die manier het ek 'n goeie verhouding opgebou met Jacques Migeotte.

Die stasie was gereed om getoets te word. Krag was voorsien deur 'n klein hidro van 6 MW aan die voet van die waterval, wat die stasie sowel as die dorp voorsien het. Die reënseisoen van '77/'78 het gekom en gegaan met die pragtige gesig van die valle in volle vloed.

Daar was 'n klein personeel om die kragstasie te diens en die Oostenrykers het probeer om bietjie opleiding te gee, maar dit was waardeloos sonder turbines wat draai. Dwarsdeur 1978 was daar gedurig sprake van 'n diplomatieke ooreenkoms oor die toemaak van die sluise, maar soos dit met politici gaan, het daar dadels van gekom.

Desember 1978 het aangebreek. Weer was die valle pragtig in vloed, maar die oorlog het al erger geword.

Terug in Windhoek was ek die ingenieur belas met al die kragstasies van Swawek, waarvan Ruacana die vlagskip sou wees. John Langford en sy vrou Corna het aansoek gedoen vir 'n pos by Swawek. Hy was 'n siviele ingenieur, het op Stellenbosch studeer en 'n paar jaar ondervinding by Waterwese gehad.

JP Brand het hom toe by Ruacana as superintendent aangestel. Corna is aangestel as die huishoudster by die enkelkwartiere en het altyd gesorg vir heerlike maaltye wanneer ons werksmense saans van die stasie af teruggekom het.

John het direk aan my rapporteer en ons het 'n goeie werksverhouding opgebou. Hy was dinamies en altyd gereed vir enige uitdaging met sy avontuurlustige geaardheid.

(Die res van hierdie bydrae verskyn volgende week vanaf Dinsdag. - Redakteur)

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.29 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.22/OZ UP +1.39% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.14% | Zinc US$ 2 452.00/T DOWN -0.18% | Brent Crude Oil US$ 87.50/BBP UP +1.29% | Platinum US$ 907.52/OZ UP +1.41% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.86 | EUR to NAD 20.43 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.93 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.29 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 221.22/OZ UP +1.39% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.14% | Zinc US$ 2 452.00/T DOWN -0.18% | Brent Crude Oil US$ 87.50/BBP UP +1.29% | Platinum US$ 907.52/OZ UP +1.41%