RTA 2018 se akkkommodasie-finaliste

Francoise Steynberg
Grootberg Lodge

Hulle sê die uitsig is altyd beter van bo af, en dit is presies wat Grootberg Lodge bied. Ná die Grootberg-pas gery is, vat die steil pad na die lodge jou reg na die bopunt van die Grootberg-plato. Dit is waar die lodge geleë is waar gaste bederf word met die asemrowende uitsig op die Klipriviervallei dóér onder. Die lodge het alleeneienaarskap van die Khoadi //Hoas-bewaringsgebied in Damaraland en bied 'n verskeidenheid aktiwiteite soos spoorsny op soek na olifante en renosters. Reisigers wat eerder wil rus en ontspan, kan 'n massering en of ander skoonheidsbederf geniet terwyl hulle die uitsig bewonder.

Damaraland Camp

Genestel in die antieke Damaraland-basaltrotse, bied Wilderness Safaris Damaraland Camp ekovriendelike luuksheid in die woestyn. Elkeen van sy grasdakeenhede is op so 'n manier gebou dat die koelte van die briesie 'n welkome verligting vir die versengde woestynhitte bring. Een van die hoogtepunte van Damaraland Camp is die aandete in die boma waar gaste 'n ware Namibiese kampervaring kan geniet. 'n Verskeidenheid heerlike Namibiese disse kan onder die helder sterre geniet word waar die personeel elke dis op 'n humoristiese manier aan gaste beskryf.

Namib Desert Lodge

Gondwana Collections se Namib Desert Lodge is 'n klein oase in die woestyn aan die voet van die versteende sandduine van die Namibwoestyn. Om soggens wakker te word waar die son die kleure van die duine speel-speel verander, is enige fotograaf se droom. Maak seker jy maak 'n rit teen sonop of sononder mee waartydens die formasie van die duine deur een van die vriendelike gidse verduidelik word. Tydens hierdie uitstappies sal gaste ook die geleentheid kry om die merkwaardige ekostelsel van akkedisse, insekte en die plante van die ruwe, sanderige omgewing te voet te verken.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!