RTA 2016 lodge-wenners ondersteun projekte
Die drie lodges wat tydens verlede jaar se Namibië Toerisme Ekspo as 2016 se wenners van die Verantwoordelike Toerisme-toekennings (RTA) aangewys is, het met hul prysgeld verskeie projekte ondersteun.
Nkasa Lupala Tented Lodge was die wenner en het N$25 000 gewen. Wolwedans Boulders Camp was die naaswenner en het N$15 000 ontvang en Gondwana se Etosha Safari Camp in die derde plek het N$10 000 ontvang.
Weens die droogte verlede jaar het Nkasa Lupala Tented Lodge vergader met lede van die Wuparo kommunale bewaringsgbied met wie die lodge 'n gesamentlike vennootskap het, waartydens besluit is om 'n watergat in die Nkasa Lupala Nasionale Park te bou. Die koste van die projek was sowat N$55 000, wat gedeel is tussen Nkasa Lupala Tented Lodge (N$25 000), Livingstone Camp (N$10 000) en die RTA se prysgeld van N$25 000.
Die watergat is sowat 6 km van die ingang van die park geleë en 36 meter in omtrek. Die gemeenskap trek voordeel uit die watergat, want die wild bly in die park en alle kampe in die gebied kan 'n groter inkomste uit wildlewe-aktiwiteite ontvang.
Sedert 2016 het die Wolwedans-stigting in samewerking met die Sosiale Maatskaplike Voorsorgfonds se Ontwikkelingsfonds (SSC-DF) en die Namibië Opleidingsowerheid (NTA) beroepsopleiding in die veld van gasvryheid by die Wolwedans Desert Academy gegee. 'n Groot aantal jong Namibiërs (met spesiale fokus op landelike jeug) word die geleentheid gegee om kwalifikasies en versekerde werksgeleenthede in die groeiende gasvryheidsektor te ontvang.
Die Wolwedans-stigting deur sy onderrigondersteuningsprogram het twee instellings wat by die Namibiese Kwalifikasie-owerheid (NQA) geakkrediteer is, naamlik die Wolwedans Desert Academy wat fokus op opleiding in gasvryheid, en die Namibiese Instituut vir Kulinêre Onderrig (NICE) wat fokus op opleiding in gasvryheid en kulinêre kunste.
Gondwana se Etosha Safari Camp het die Primêre Skool David //Khamuxab, geleë op die Seringkop-hervestigingsplaas net oos van Etosha Safari Camp, ondersteun.
Ná konsultasie met die onderwysers is besluit om verskeie produkte vir die skool te koop. Springbokvelle vir tradisionele klere is gekoop vir leerlinge om aan kulturele geleenthede deel te neem, asook sporttoerusting, eerstehulpkissies en voorrade en sanitêre doekies vir die meisies. Laasgenoemde is in samewerking met Sister Namibia se program van herwinbare "SisterPads" gedoen. Dit is 'n omgewinsvriendelike alternatief en is meer koste-effektief.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie