Rössing-stigting bring Geingob op hoogte

Denver Kisting
Denver Kisting



Pres. Hage Geingob het die afgelope week die Rössing-stigting geloof vir 40 jaar se harde werk in die gemeenskap.

'n Afvaardiging van die stigting, onder leiding van me. Nathalia /Goagoses, het Woensdag 'n welwillendheidsbesoek aan Staatshuis gebring om die staatshoof op die hoogte van hul ­werksaamhede te bring.

Die stigting het in 1978 tot stand gekom as 'n opvoedkundige trust om Namibiërs met behulp van Rössing Uranium, wat buite Arandis in die Erongostreek geleë is, se winste by te staan.

Sedert 2016 het die stigting jaarliks N$12 000 000 vir sy werksaamhede ontvang.

Mnr. Job Tjiho, 'n lid van die afvaardiging en van die stigting se raad, het Woensdag gesê 321 studente het reeds by die stigting baat gevind.

Dié studente het aan universiteite in Amerika, die Verenigde Koninkryk (VK), Suid-Afrika en Namibië studeer, het hy gesê.

Die stigting speel ook 'n sleutelrol wat die volhoubaarheid van Arandis as 'n dorp betref, het Tjiho gesê.

Toe dié dorpie se voortbestaan ná die myn se leeftydperk in die gedrang gekom het en as 'n risiko geïdentifiseer is, het die raad in 2002 'n kantoor op Arandis gevestig, het hy gesê.

Ses permanente personeellede werk in dié kantoor.

/Goagoses het vir me. Clara Bohitile, die waarnemende voorsitter en raakvatboer, ingestaan, wat weens die knellende droogte elders moes wees.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!